Hof beslis bekentenisse in Joshlin Smith-verhoor is toelaatbaar

--:--
Die Wes-Kaapse Hooggeregshof wat in Saldanhabaai sit, het beslis die bekentenisse van twee beskuldigdes in die Joshlin Smith-saak, Jacquen Appollis en Steveno van Rhyn, is toelaatbaar. Die twee beweer hulle is aangerand en gedwing om skuld te beken, maar Regter Nathan Erasmus het die bewerings van die hand gewys aangesien mediese bewyse die bewerings van mishandeling weerspreek het. Die regter het beslis die staat kan die bekentenisse in die verhoor gebruik:
18 Apr 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Hoër-onderwys geleenthede op skou by Nust

Die Namibië Universiteit van Wetenskap en Tegnologie bied môre die Europese Unie Hoër Onderwys-skou aan. Die geleentheid is ontwerp om inligting te verskaf oor 'n wye verskeidenheid voorgraadse, nagraadse en doktorale-studiegeleenthede. Dit het ook ten doel om breër ondersoek na internasionale studie- en uitruilgeleenthede te inspireer. Kosmos 94.1 Nuus het…
27 Jun 8AM 1 min

SA steun ook minerale-veredeling tuis in Afrika

Die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, sê Afrika moet ophou om net onverwerkte grondstowwe te verskaf. Lamola het tydens die derde G20 vergadering van Sherpa-afgevaardigdes gevra vir 'n kritieke mineraalraamwerk om veredeling, nywerheidsgroei en werkskepping te bevorder. Lamola moedig ook samewerking aan tussen die Globale Noorde en…
27 Jun 8AM 1 min

Johannesburgers het groot kommer oor lugbesoedeling

Altesaam 92-persent van Johannesburg se inwoners het kommer uitgespreek oor lugbesoedeling en 78-persent glo dit beïnvloed hul gesondheid negatief. Dis volgens nuwe inligting van die metro se Departement van Omgewings- en Infratruktuur-dienste, in samewerking met Breath Cities en die Clean Air Fund. Die metrowoordvoerder, Virgil James, sê al die deelnemers…
27 Jun 6AM 1 min

Wêreldbank, IAEA werk saam vir veilige, vreedsame kerngebruik

Die Wêreldbank-groep en die Internasionale Atoomenergie-agentskap het ʼn ooreenkoms onderteken om saam te werk om die veilige, seker en verantwoordelike gebruik van kernenergie in ontwikkelende lande te ondersteun. Tans bedryf 31 lande kernkragaanlegte wat sowat nege-persent van die wêreld se elektrisiteit opwek, wat neerkom op byna ʼn kwart van die…
27 Jun 6AM 1 min

Deel jou liefde vir Wagter en Wollie

Gondwana Collection, saam met PSG Wealth het 'n veldtog oor Wagter en Wollie geloods. Die projek, I love my dog, het ten doel om dierewelsyn plaaslik te ondersteun en die rol van die hond as die mens se beste vriend ten toon te stel. Kosmos 94.1 Nuus het met Christopher…
27 Jun 6AM 1 min