Wêreldbank, IAEA werk saam vir veilige, vreedsame kerngebruik

--:--
Die Wêreldbank-groep en die Internasionale Atoomenergie-agentskap het ʼn ooreenkoms onderteken om saam te werk om die veilige, seker en verantwoordelike gebruik van kernenergie in ontwikkelende lande te ondersteun. Tans bedryf 31 lande kernkragaanlegte wat sowat nege-persent van die wêreld se elektrisiteit opwek, wat neerkom op byna ʼn kwart van die wêreld se laekoolstofkrag. Die Wêreldbank se president, Ajay Banga, sê kernenergie verskaf aaneenlopende basislading en bevorder netwerkbestendigheid en -veerkragtigheid:
27 Jun 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Gure weer hou Wes-Kaap gevange

Die Wes-Kaapse Provinsiale Rampbestuursentrum bly op hoë gereedheidsgrondslag terwyl slegte weersomstandighede voortduur. Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het bevestig dat nog koue, nat en winderige weer op pad is, met reënval van tien tot 20 millimeter wat in verskeie gebiede verwag word, veral in bergagtige streke. Die woordvoerder van die departement van…
6 Jul 6AM 1 min

Oudit oor SA spookwerkers dringend nodig

'n Deurwinterde arbeidsadvokaat, Michael Bagraim, het gevra vir 'n deurtastende spookwerker-oudit in alle nasionale en provinsiale regeringsdepartemente. Hy sê in Mei vanjaar het die minister van Finansies, Enoch Godongwana, 'n uitgawe-oorsig vir opruiming van meer as 300-miljard-rand sedert 2013 bekend gemaak om ondoeltreffende regering, insluitend spookwerknemers, uit te roei. Bagraim…
6 Jul 5AM 1 min

SA minister wil lyfstraf in tronke hê

Die polisie- en gevangenisvakbond, POPCRU sê hulle verwerp ten sterkste die idee om geweld as 'n instrument van regstelling by korrektiewe instellings te gebruik. Vakbondwoordvoerder, Richard Mamabolo, het gereageer op die minister van Korrektiewe Dienste, Pieter Groenewald, se beroep vir die herinstelling van lyfstraf in korrektiewe sentrums. Mamabolo sê die…
6 Jul 4AM 1 min

Visserye: Té min geld vir waarnemers

Namibië se visseryewaghond het tans net 121 waarnemers op bote en in fabrieke, omtrent die helfte minder as wat nodig is vir doeltreffende monitering. Volgens die waarnemersagentskap vir visserye, die FOA, het hulle nie genoeg geld om meer waarnemers aan te stel nie. Die agentskap is ook nie by magte…
6 Jul 3AM 1 min

Ramaphosa moet menseregtekommissie ondersoek

Die Forum for South Africa het president Cyril Ramaphosa versoek om volledig ondersoek in te stel na die werksaamhede van die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie voordat dinge handuit ruk. Forumleier Tebogo Mashilompane sê vir jare het baie gemeenskappe regoor die land geen drinkwater gehad nie. Dit is 'n skending van menseregte, maar…
6 Jul 2AM 1 min