Los eers rooilyn, kyk na Angola-grens: Venaani

Loading player...
In sy eerste parlementêre toespraak het landbouminister Mac Hengari aangekondig dat die kabinet 'n strategie het om die rooilyn te verwyder en die voorvaderlike grondkwessie op te los. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met PDM-president McHenry Venaani, wat sê die grens met Angola moet eers beveilig word voordat die regering die rooilyn takel.
18 Apr 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Ingenieursraad van Namibië is ontslaan: Nekundi

Vervoerminister Veikko Nekundi het die onmiddellike ontslag van die Ingenieursraad van Namibië in die Nasionale Vergadering aangekondig. Die raad is die statutêre en regulerende liggaam vir die ingenieursberoep in die land. Nekundi sê dat die lede sedert hul aantelling talle uitdagings in die gesig gestaar en onderpresteer het, vandaar die…
26 Jun 11AM 1 min

Cyril dank DA se Whitfield af, Steenhuisen briesend

DA-leier John Steenhuisen het president Cyril Ramaphosa gekritiseer omdat hy Andrew Whitfield van die party as adjunkminister van Handel, Nywerheid en Mededinging afgedank het. Hy voer aan Whitfield is verwyder omdat hy sy werk goed gedoen het. Steenhuisen het tydens die aanvaarding van die Wet op die Verdeling van Inkomste…
26 Jun 11AM 1 min

Onwettige kragverbindings, kerse vuur hut-brande aan

Die Stad Windhoek het 42 brande en vier sterftes in informele nedersettings tussen Januarie en Junie aangeteken. Die meeste voorvalle het in Tobias Hainyeko, Moses Garoeb en Samora Machel plaasgevind. Die meeste brande, 14, was in Januarie, terwyl 18 brande en vier sterftes in die afgelope drie maande aangemeld is…
26 Jun 10AM 1 min

Laai jou batterye, radio-beheerde motor-renne is terug!

Dis motorsport van ‘n ander aard die naweek by Tony Rust-renbaan wanneer radio-beheerde karretjies die baan aandurf. Die sport was vir ‘n wyle dormant maar het nou weer lewe gekry. Francois Lottering van Motor Media Namibia het al die inligting.
26 Jun 10AM 1 min