Die Wes-Kaapse Provinsiale Rampbestuursentrum bly op hoë gereedheidsgrondslag terwyl slegte weersomstandighede voortduur. Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het bevestig dat nog koue, nat en winderige weer op pad is, met reënval van tien tot 20 millimeter wat in verskeie gebiede verwag word, veral in bergagtige streke. Die woordvoerder van die departement van…
'n Deurwinterde arbeidsadvokaat, Michael Bagraim, het gevra vir 'n deurtastende spookwerker-oudit in alle nasionale en provinsiale regeringsdepartemente. Hy sê in Mei vanjaar het die minister van Finansies, Enoch Godongwana, 'n uitgawe-oorsig vir opruiming van meer as 300-miljard-rand sedert 2013 bekend gemaak om ondoeltreffende regering, insluitend spookwerknemers, uit te roei. Bagraim…
Die polisie- en gevangenisvakbond, POPCRU sê hulle verwerp ten sterkste die idee om geweld as 'n instrument van regstelling by korrektiewe instellings te gebruik. Vakbondwoordvoerder, Richard Mamabolo, het gereageer op die minister van Korrektiewe Dienste, Pieter Groenewald, se beroep vir die herinstelling van lyfstraf in korrektiewe sentrums. Mamabolo sê die…
Namibië se visseryewaghond het tans net 121 waarnemers op bote en in fabrieke, omtrent die helfte minder as wat nodig is vir doeltreffende monitering. Volgens die waarnemersagentskap vir visserye, die FOA, het hulle nie genoeg geld om meer waarnemers aan te stel nie. Die agentskap is ook nie by magte…
Die Forum for South Africa het president Cyril Ramaphosa versoek om volledig ondersoek in te stel na die werksaamhede van die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie voordat dinge handuit ruk. Forumleier Tebogo Mashilompane sê vir jare het baie gemeenskappe regoor die land geen drinkwater gehad nie. Dit is 'n skending van menseregte, maar…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.