Baanbreker-tegnologie vir Namibië se robbe ingespan

Loading player...
Die Marine Stewardship Council, MSC, het meer as 40 miljoen Namibiese dollar aan ’n Namibiese projek toegeken om rob-interaksies met visvangtoerusting te verminder. Die Namibiese Stokvisvereniging en wetenskaplikes gaan 'n nuwe tegnologie, Tast, toets wat skadelose lae-frekwensie geluide gebruik om robbe af te skrik. Dit bied ’n volhoubare oplossing vir newevangste en toerustingverstrengeling. Die projek is een van 85 wêreldwyd wat deel is van MSC se 2025 Ocean Stewardship Fund. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Naude Dreyer van Ocean Conservation Namibia.
30 May 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Scheffler loop voor by Travelers

Die wêreld-nommer-een, Scottie Scheffler het 'n openingsronde van 62 aangeteken en is saam voor met sy Amerikaanse landgenoot Austin Eckroat by die Travelers-kampioenskap in Connecticut. Rory McIlroy van Noord-Ierland het ook goed begin en is twee houe agter, met ses onder, saam met die Amerikaners Keegan Bradley en Wyndham Clark…
20 Jun 1AM 1 min

VF+ verwelkom sluiting van spazawinkels

Die Vryheidsfront Plus verwelkom die sluiting van ses spazawinkels deur die metropolisie in Ekurhuleni omdat hulle onder meer nie aan gesondheidsregulasies voldoen het nie. Die spazawinkels is in Alberton, Edenvale en Katlehong. Jennifer Glover van die VF Plus sê daar is nog baie meer spazawinkels in die metro wat nie…
20 Jun 1AM 1 min

Etosha se grens is kritiek vir bewaring, boerdery

Omgewingsminister Indileni Daniel het onlangs verwys na 388 stuks vee wat tussen 2019 en 2024 deur roofdiere gevang is in bewareas wat aan die Etosha Nasionale Park grens. Sy het ook gesê die opknapping van Etosha se grensdraad moet teen 2030 voltooi wees. Werk aan die 824 kilometer lange heining…
20 Jun 1AM 1 min

Kommer oor wetgewing vir olie-welvaartsfonds wat ontbreek

Die Welwitschia-fonds is in 2022 gestig om die welvaart wat uit die olie- en gassektor gegenereer sal word versigtig en deursigtig te bestuur. Hierdie soewereine welvaartsfonds het ten doel om inkomste vir toekomstige geslagte te beskerm en die ekonomie te stabiliseer in onstuimige tye. Wetgewing om die fonds te rig…
20 Jun 12AM 1 min

DBV sê oor steel van honde vir kapana-bedryf

Plaaslike media berig van toenemende honde-diefstalle in Oshakati en omgewing, en dat die troeteldiere oop en bloot aan kapana-verkopers by die Oshakati-mark verkoop word. Die kapana-verkopers sê die vleis is baie gewild en hulle maak sowat 1 000 Namibiese dollar wins op 'n hond-karkas. Hulle koop die lewende honde vir…
20 Jun 12AM 1 min