VF+ verwelkom sluiting van spazawinkels

--:--
Die Vryheidsfront Plus verwelkom die sluiting van ses spazawinkels deur die metropolisie in Ekurhuleni omdat hulle onder meer nie aan gesondheidsregulasies voldoen het nie. Die spazawinkels is in Alberton, Edenvale en Katlehong. Jennifer Glover van die VF Plus sê daar is nog baie meer spazawinkels in die metro wat nie aan die basiese gesondheids- en veiligheidsregulasies voldoen nie, wat die gesondheid en welsyn van gemeenskappe in gevaar stel:
20 Jun 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Gwarube beklemtoon Graad R gereedheid

Die minister van Basiese Onderwys, Siviwe Gwarube, sê die befondsing van vroeë kinderontwikkeling is van kritieke belang, aangesien dit deel is van die departement se vyf sleutelprioriteite. Die voorwaardelike toelae vir vroeë kinderontwikkeling het tot meer as 1,7 miljard Suid-Afrikaanse vir die 2025/2026-boekjaar gestyg, met meer as 230 miljoen rand…
15 Jul 5AM 1 min

Trump sê Navo gee die steun aan Oekraïne en betaal die wapens

President Donald Trump sê volgens ʼn nuwe ooreenkoms sal Amerika van sy beste wapens aan Navo-lede verkoop, wat dit dan aan Oekraïne sal verskaf. Die wapens sluit in grond tot lug Patriot-missielstelsels en -batterye wat Kiëf aangevra het om homself teen Russiese lugaanvalle te verdedig. Trump sê bykomende Patriot-stelsels sal…
15 Jul 5AM 1 min

Kabinet versterk regulering van medisyne

Inligtingsminister Emma Theofelus het die kabinet se goedkeuring aangekondig om die Namibië Medisyne Reguleringsraad te versterk, insluitend die aanstel van meer personeel om doeltreffendheid te verhoog. Dit volg op bewerings van ongelisensieerde medisyneverkope en -diefstal, wat nou deur die Teenkorrupsie-kommissie ondersoek word. Die kabinet steun ook gesondheidsinisiatiewe na Namibië se…
15 Jul 4AM 1 min

Oorskot van vermeende renosterstroper in Kruger gevind

Die liggaam van ʼn vermeende renosterstroper is die naweek in die Krugerwildtuin gevind. Hy is vermoedelik in ʼn skietery met veldwagters dood. ʼn Woordvoerder van SANParke, Reynold Thakhuli, sê die liggaam is ontdek nadat drie veldwagters op patrollie op drie vermeende stropers afgekom het. Hy sê die veldwagters het die…
15 Jul 4AM 1 min

Spookwerkers moet aangespreek word

Die Vereniging van Staatsamptenare vra onmiddellike, beslissende optrede om spookwerkers in die staatsdiens uit te skakel. ʼn Oudit van die Passasierspooragentskap se betaalstaat het op byna 3 000 spookwerkers afgekom. Die Gautengse Gesondheidsdepartement het onlangs die salarisse van meer as 200 werknemers gevries wat nie bevestig kon word nie. Die…
15 Jul 3AM 1 min