Gaza-skietery: Guterres vra onafhanklike ondersoek

--:--
Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, António Guterres, vra ʼn onafhanklike ondersoek na die dood van Palestyne naby ʼn hulpverspreidingsentrum in Gaza. Minstens 31 mense is Sondag dood toe die Israelse weermag na bewering op burgerlikes geskiet het naby die Amerikaans- en Israel-gesteunde Gaza Humanitêre Stigting se voedselsentrum. Israel ontken ten sterkste dat hy betrokke was. Guterres sê dis onaanvaarbaar dat Palestyne hul lewe waag om kos te kry. Sy woordvoerder Stephane Dujarric.
3 Jun 4AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Regering sit kernkrag-bal aan die rol

Namibië het amptelik gesprekke begin met die Internasionale Atoomenergie-agentskap rakende 'n ondersoek om 'n kernkragaanleg te bou, wat na verwagting ten minste tien jaar sal duur. Die uitvoerende direkteur in die Ministerie van Mynwese en Energie, Ben Nangombe, sê die projek moet aan 19 belangrike infrastruktuurstandaarde voldoen, insluitend regulatoriese aangeleenthede…
15 Jul 10AM 1 min

Uiters streng maatreëls vir droogtehulpvleis uit Noorde

Die eerste minister, dr. Elijah Ngurare, het met die aankondiging van die einde van die droogtehulpprogram, gesê dat vleis noord van die rooilyn bekom is, gevries is en suid van die rooilyn versprei is as deel van die program. Kosmos 94.1 Nuus het met landboukenner Wallie Roux. Hy sê van…
15 Jul 10AM 1 min

Voëlgriep onder die loep by dringende vergadering

Die Pluimveeprodusentevereniging het ’n dringende vergadering belê om Namibië se voëlgriepbeheer en -monitering te versterk. Voëlgriep is volgens die vereniging ’n ernstige streek- en wêreldbedreiging. Die vergadering vind môre om twee-uur by die Namibië Landbou-unie se raadsaal in Windhoek plaas. Kosmos 94.1 Nuus het met die voorsitter van die vereniging,…
15 Jul 10AM 1 min

Koeberg nou eers einde Augustus aanlyn

Eskom sê Eenheid 1 van die Koeberg-kernkragsentrale in Kaapstad sal nou teen die einde van Augustus weer aanlyn wees. Daar is aanvanklik verwag dat die eenheid dié maand weer in diens sou wees. Die eenheid van 930-megawatt is tans afgeskakel vir die tweede fase van 'n langtermyn-bedryfsverlenging. Eskom se woordvoerder,…
15 Jul 9AM 1 min

VK moet klimaat-kwessies dringend aanpak

Die Britse minister van Energie en Klimaatsverandering, Ed Miliband, sê die jongste klimaatverslag is 'n duidelike waarskuwing oor die dringendheid om klimaatsverandering aan te pak. Die verslag bevestig dat die Verenigde Koninkryk se klimaat aansienlik verskil van vorige dekades, met uiterste hitte en reënval wat die norm word as gevolg…
15 Jul 9AM 1 min