
VN-hoof sê gierigheid mag nie toegelaat word om aarde se lot te bepaal nie
--:--
Die VN-sekretaris-generaal, António Guterres, moedig wêreldleiers aan om invloedryke instansies wat die seelewe vernietig met onwettige visvangs en platstiekbesoedeling te konfronteer. Die derde Verenigde Nasies Oseaankonferensie, 'n hoëvlak spitsberaad onder voorsitterskap van Frankryk en Costa Rica, word tans in Nice, Frankryk gehou. Meer as 60-persent van see-ekosisteme is verswak of word onvolhoubaar gebruik. Guterres sê die oseaan is onder beleg en gierigheid is die oorsaak: