Skoolbus-bestuurder onder liggame gevind in Dikolinirivier-tragedie

--:--
Die Oos-Kaapse premier, Oscar Mabuyane, het bevestig die bestuurder van 'n skoolbus wat deur vloedwater meegesleur is, is onder die nege liggame wat vandag in die Dikolini-rivier in Mthatha gevind is. Die bevestigde getal sterftes uit die tragedie staan tans op vier. Die liggame van 'n kleuter en 'n beampte is ook gevind. Vyf reddingspanne bly op die toneel en die soektog duur voort. Mabuyane beskryf die ramp as erger as wat aanvanklik gedink is:
11 Jun 11AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Swakopmund mik na kussentrum vir groei, innovasie

Die burgemeester van Swakopmund, Blasius Goraseb, het die dorp se ambisie herbevestig om 'n kussentrum vir ekonomiese groei en innovasie te word. Tydens die vierde jaarlikse sake-ontbyt het Goraseb openbare-private samewerking geprys en die geleentheid se groeiende rol in die aanpak van ekonomiese uitdagings en die bevordering van volhoubare ontwikkeling…
14 Jul 8AM 1 min

BOSA boos oor Cyril se plan met polisie-beweringe

Build One South Africa sê president Cyril Ramaphosa moes eerder die Spesiale Ondersoekeenheid opdrag gegee het om die provinsiale polisiekommissaris van KwaZulu-Natal, Nhlanhla Mkhwanazi, se bewerings te ondersoek. Die president het ʼn regterlike ondersoek ingestel na die bewerings in verband met misdaadsindikate se infiltrering van wetstoepassing, intelligensie en verwante instellings…
14 Jul 8AM 1 min

SME's kry aandag by ontwikkelingsraad en NSI

Die Namibiese Beleggingsbevorderings- en Ontwikkelingsraad en die Namibiese Standaarde-instituut het 'n samewerkingsooreenkoms onderteken om produkgehalte, markgereedheid en gemak van sake doen te verbeter. Die ooreenkoms ondersteun SME-geleide groei, gehalteversekering en mededingendheid, met 'n fokus op die bou van 'n nasionale beleid vir volhoubare belegging. Die uitvoerende hoof van die raad,…
14 Jul 6AM 1 min

SABC se befondsingmodel word ontwikkel

Die minister van Kommunikasie en Digitale Tegnologieë, Solly Malatsi, sê die proses om 'n nuwe befondsingsmodel vir die SABC te ontwikkel is aan die gang. Die regering het 704 miljoen Suid-Afrikaanse rand oor drie jaar aan die openbare uitsaaier toegeken, insluitend 43 miljoen vir inhoud, 464 miljoen vir sy mandaat…
14 Jul 6AM 1 min

PathCare borg groot staptog vir kanker

Sluit aan by die stryd teen kanker by die Nasionale Kankerstaptog op Saterdag 26 Julie 2025, met trots aangebied deur PathCare Namibia. Hierdie 5 km-pretstaptog, wat in Windhoek, Rehoboth, Tsumeb, Otjiwarongo en Swakopmund plaasvind, bring gemeenskappe bymekaar vir 'n saak wat saak maak. Kosmos 94.1 Nuus het met Rolf Hansen,…
14 Jul 5AM 1 min