SA het 10 jaar om 7,4 werksgeleenthede te skep

--:--
Die ACDP-party sê die regering sal teen 2035, 7,4-miljoen werkgeleenthede moet skep om tred te hou met die groeiende arbeidsmag. Die party waarsku jeugwerkloosheid kan erger word as die regering nie in arbeidsintensiewe industrieë en vaardigheidsontwikkeling belê nie. Die adjunkpresident van die ACDP, Wayne Thring, vra vir beleggings in arbeidsintensiewe sektore en 'n dubbelbaanstelsel om skoolverlaters vir die veranderende ekonomie voor te berei:
12 Jun 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

SAOG-forum neem 4IR en tegnologie onder die loep vir staatsdiens

Die direkteur-generaal van die Nasionale Beplanningskommissie, dr. Kaire Mbuende, beklemtoon die behoefte aan 'n ontwikkelingsgerigte openbare diens wat ekonomiese groei dryf. Hy het by die SAOG-forum vir openbare dienskommissies in Windhoek lidlande aangespoor om die Vierde Industriële Revolusie en digitalisering te omarm. Mbuende het meer.
16 Jul 6AM 1 min

Verdedigingskenner sê Trump se Navo-transaksie sal verskil maak

Daar is steeds reaksie op Amerikaanse president Donald Trump se wapentransaksie met Navo, wat die wapens aan Oekraïne sal gee, hoewel Oekraïne nog wag op details van wat hulle sal kry. Die militêre analis prof. Michael Clarke het aan Britse media gesê daar is sprake van 'n innoverende aspek in…
16 Jul 6AM 1 min

Epstein, Trump en Bondi... die herrie is los in die VSA

Die herrie is in die VSA los oor die Jeffrey Epstein-aangeleentheid. Is president Donald Trump deel daarvan of nie? Epstein is onder die eerste Trump-administrasie in 2019 gearresteer en is in aanhouding dood. Trump wou eers nie dat die inligting oor die ondersoek bekend gemaak word nie maar sê nou…
16 Jul 6AM 1 min

Thieme sê alle opsies word by Farmers Meat Market oorweeg

Die Lewendehawe Produsente-organisasie sê fase een van sy studie oor die betrek van skaapboere by die waardeketting is voltooi. Cirrus is aangestel om uitvoeropsies te ondersoek, en het bevind dat hoewel op-die-hoe-uitvoere na Suid-Afrika steeds belangrik is, oormatige afhanklikheid riskant is. Toegang tot EU-markte is nodig. Boere kan ook aandele…
16 Jul 6AM 1 min