Sopkombuis vra hulp met komberse, voorraad

--:--
Martha Festus bedryf al sewe jaar lank 'n sopkombuis in Havana in Windhoek. Met die winter op hande vra die gemeenskap haar ook vir komberse. Festus versoek hulp van die publiek en sy kan op 081 7435 442 geskakel word vir skenkings. Kosmos 94.1 Nuus het met Festus gepraat wat meer verduidelik.
12 Jun 11AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Aantygings teen Namcor kom ‘n land pad, sê IPPR

Vier voormalige Namcor-werknemers en vyf private individue is vandeesweek in Windhoek in hegtenis geneem op aanklagte van korrupsie gekoppel aan vorige transakies met die nasionale oliekorporasie. Die Anti-Korrupsiekommissie sê al nege staan tereg op aanklagte onder die Teenkorrupsiewet. Die hoë-profiel name sluit die voormalige besturende direkteur van Namcor, Immanuel Mulunga,…
12 Jul 1AM 1 min

Nóg ‘n storm op pad na Texas

Inwoners in Texas staal hulself vir nóg ‘n storm ná kitsvloede verlede naweek die lewens van ministens 120 mense geëis het en 160 nog vermis word. President Donald Trump van Amerika het Vrydag rampgebiede in die staat besoek, waar vrae toenemend opduik oor onder meer die doeltreffendheid van die vroeë-waarskuwingstelsel…
12 Jul 12AM 1 min

VN vies oor VSA-sanksies teen spesiale gesant

Die Verenigde Nasies sê sanksies teen spesiale gesante skep ʼn gevaarlike presedent. Dit volg nadat Amerika sanksies ingestel het teen die VN se spesiale gesant vir die Wesoewer en Gaza, Francesca Albanese. Die minister van Buitelandse Sake, Marco Rubio, sê die sanksies teen Albanese is omdat sy regstreeks met die…
11 Jul 11AM 1 min

James O’Connor onverwags terug vir Wallabies

Rugby: Die losskakel James O’Connor keer die eerste keer sedert 2022 terug na die Wallabies se groep van 36 vir die toetsreeks teen die Britse en Ierse Leeus. Die 35-jarige O’Connor vervang Noah Lolesio, wat ʼn nek-operasie ondergaan het. Die eerste toets is volgende naweek op die Suncorp-stadion in Brisbane…
11 Jul 11AM 1 min