Jeugraad-geaffilieerdes wil minister sien

--:--
Die Nasionale Jeugraad se geaffilieerde liggame beskuldig in 'n verklaring die regering, spesifiek die onderwysministerie, van oortredings van die Nasionale Jeugraad-wet. Dit kom na die Jeugraad se verkose direksie in Desember 2024 verwyder is en vervang is met 'n beweerde onwettige tussentydse direksie, sonder dat die verteenwoordigende raad geraadpleeg is. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Claudina Shimanda, een van die geaffilieerdes, wat verduidelik.
13 Jun 9AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Gesondheid ken 52 beurse toe

Die gesondheidsminister, dr. Esperance Luvindao, het 52 beurse toegeken om die tekort en vaardigheidsgaping in die gesondheidsektor aan te spreek, veral tussen landelike en stedelike gebiede. Die beurse dek velde soos tandheelkundige terapie, optometrie en mediese ingenieurswese. Luvindao sê dat die beurse onder Projek 2013 val, wat reeds 586 gegradueerdes…
7 Jul 5AM 1 min

EFF eis Mchunu skorsing na KZN-onthullings

Die EFF eis die onmiddellike skorsing van die minister van Polisie Senzo Mchunu en die adjunk-nasionale kommissaris vir Misdaadopsporing, Shadrakc Sibiya. Dit volg na die skokkende onthullings deur die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi, insluitend politieke inmenging in sake wat die polisie ondersoek. Die EFF se woordvoerder, Sinawo Thambo, sê die…
7 Jul 5AM 1 min

BKS: Melk van kwarantyn-plase sal bemark kan word

Die Departement van Landbou sê met sommige provinsies wat sukkel met bek-en-klouseer, het hulle besluit om toe te laat dat melk van kwarantyn-plase in Limpopo en die Oos-Kaap op die plaaslike mark vrygestel word. Die minister van Landbou, John Steenhuisen, het die opheffing van die siektebestuursgebiede aangekondig nadat verskerpte pogings…
7 Jul 4AM 1 min

Dooiepunt in Oekraïne vrede-gesprekke frustreer

Tymofiy Mylovanov, die president van Kiëf se Ekonomiese Skool en voormalige ekonomieminister in die Oekraïne, sê die stop van die besending van Patriot-missiele na sy land, sowel as die dooiepunt tussen presidente Putin en Trump is uiters frustrerend. Hy het in ‘n onderhoud met CNN gesê al wat gaan gebeur…
7 Jul 4AM 1 min

Gemeenskap ruk op teen aspekte van Stad Windhoek se bestuur

Gemeenskapslede in die hoofstad word uitgenooi na 'n perskonferensie vandag om half-11 by die Katutura-jeugkompleks. Gemeenskapsaktivis Shaun Gariseb sê aan Kosmos 94.1 Nuus dat verskeie aspekte van Stad Windhoek se bestuur, insluitend sy rekeningstelsel, sal onder die loep kom.
7 Jul 3AM 1 min