Oos-Kaap rou oor vloedslagoffers

--:--
Die Oos-Kaapse premier, Oscar Mabuyane, het 19 Junie as 'n provinsiale roudag verklaar ter herinnering aan diegene wat in die week se verwoestende oorstromings omgekom het. Tot dusver is 79 sterftes in die provinsie aangemeld. Die premier het aan die media gesê die regering en begrafnisondernemers werk saam om families te ondersteun. Nadoodse ondersoeke is steeds aan die gang maar talle liggame is reeds opgeëis vir begrafnisse.
14 Jun 4AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Gure weer hou Wes-Kaap gevange

Die Wes-Kaapse Provinsiale Rampbestuursentrum bly op hoë gereedheidsgrondslag terwyl slegte weersomstandighede voortduur. Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het bevestig dat nog koue, nat en winderige weer op pad is, met reënval van tien tot 20 millimeter wat in verskeie gebiede verwag word, veral in bergagtige streke. Die woordvoerder van die departement van…
6 Jul 6AM 1 min

Oudit oor SA spookwerkers dringend nodig

'n Deurwinterde arbeidsadvokaat, Michael Bagraim, het gevra vir 'n deurtastende spookwerker-oudit in alle nasionale en provinsiale regeringsdepartemente. Hy sê in Mei vanjaar het die minister van Finansies, Enoch Godongwana, 'n uitgawe-oorsig vir opruiming van meer as 300-miljard-rand sedert 2013 bekend gemaak om ondoeltreffende regering, insluitend spookwerknemers, uit te roei. Bagraim…
6 Jul 5AM 1 min

SA minister wil lyfstraf in tronke hê

Die polisie- en gevangenisvakbond, POPCRU sê hulle verwerp ten sterkste die idee om geweld as 'n instrument van regstelling by korrektiewe instellings te gebruik. Vakbondwoordvoerder, Richard Mamabolo, het gereageer op die minister van Korrektiewe Dienste, Pieter Groenewald, se beroep vir die herinstelling van lyfstraf in korrektiewe sentrums. Mamabolo sê die…
6 Jul 4AM 1 min

Visserye: Té min geld vir waarnemers

Namibië se visseryewaghond het tans net 121 waarnemers op bote en in fabrieke, omtrent die helfte minder as wat nodig is vir doeltreffende monitering. Volgens die waarnemersagentskap vir visserye, die FOA, het hulle nie genoeg geld om meer waarnemers aan te stel nie. Die agentskap is ook nie by magte…
6 Jul 3AM 1 min

Ramaphosa moet menseregtekommissie ondersoek

Die Forum for South Africa het president Cyril Ramaphosa versoek om volledig ondersoek in te stel na die werksaamhede van die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie voordat dinge handuit ruk. Forumleier Tebogo Mashilompane sê vir jare het baie gemeenskappe regoor die land geen drinkwater gehad nie. Dit is 'n skending van menseregte, maar…
6 Jul 2AM 1 min