O&L Leisure verkry Le Mirage, Divava

--:--
O&L Leisure het Le Mirage in Sossusvlei en Divava Lodge aan die Kavangorivier verkry, hangende goedkeuring van die Namibiese Mededingingskommissie. Die verkryging ondersteun O&L se Visie 2029 en skep 'n naatlose, luukse reiskring wat Namibië se natuurlike skoonheid en kulturele erfenis beklemtoon. Kosmos 94.1 Nuus het met die groep se uitvoerende voorsitter, Sven Thieme, gesels.
17 Jun 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

SME's kry aandag by ontwikkelingsraad en NSI

Die Namibiese Beleggingsbevorderings- en Ontwikkelingsraad en die Namibiese Standaarde-instituut het 'n samewerkingsooreenkoms onderteken om produkgehalte, markgereedheid en gemak van sake doen te verbeter. Die ooreenkoms ondersteun SME-geleide groei, gehalteversekering en mededingendheid, met 'n fokus op die bou van 'n nasionale beleid vir volhoubare belegging. Die uitvoerende hoof van die raad,…
14 Jul 6AM 1 min

SABC se befondsingmodel word ontwikkel

Die minister van Kommunikasie en Digitale Tegnologieë, Solly Malatsi, sê die proses om 'n nuwe befondsingsmodel vir die SABC te ontwikkel is aan die gang. Die regering het 704 miljoen Suid-Afrikaanse rand oor drie jaar aan die openbare uitsaaier toegeken, insluitend 43 miljoen vir inhoud, 464 miljoen vir sy mandaat…
14 Jul 6AM 1 min

PathCare borg groot staptog vir kanker

Sluit aan by die stryd teen kanker by die Nasionale Kankerstaptog op Saterdag 26 Julie 2025, met trots aangebied deur PathCare Namibia. Hierdie 5 km-pretstaptog, wat in Windhoek, Rehoboth, Tsumeb, Otjiwarongo en Swakopmund plaasvind, bring gemeenskappe bymekaar vir 'n saak wat saak maak. Kosmos 94.1 Nuus het met Rolf Hansen,…
14 Jul 5AM 1 min

Bek-in-klouseer in SA kan hele streek negatief raak

Namibië het streng biosekuriteitsmaatreëls ingestel by grensposte weens BKS-uitbrekings in buurlande. Voertuigwiele en skoene moet ontsmet word, insluitend skoene in bagasie. Vragmotors wat vee terugbring, benodig ’n geldige ontsmettingssertifikaat. Onverwerkte veevoer en diere-produkte soos rou vleis, suiwel en ongaar biltong of droëwors sal gekonfiskeer word. Kosmos 94.1 Nuus het met…
14 Jul 5AM 1 min

Vraag na olie daal vanjaar

Die Internasionale Energie-agentskap se Julie-verslag dui daarop dat die wêreldwye groei in die olievraag met slegs 700 000 vate per dag in 2025 sal styg. Dit is die stadigste groei sedert 2009, teenoor die wêreldwye styging van 950 000 vate in Junie tot 105,6 miljoen vate per dag. Kosmos 94.1…
14 Jul 5AM 1 min