Onderwys: Verminder begroting, gee koopbewyse aan ouers

--:--
Die regering het sowat 24,8 miljard Namibiese dollar begroot vir onderwys in die 2025/26 finansiële jaar. Dit is al lank die norm dat die lynministerie een van die grootste begrotings toegewys word. Die portefeulje vir onderwys is ook vanjaar heelwat groter. In Suid-Afrika het professor William Gumede in 'n onderhoud met State of the Nation voorgestel dat onderwys 'n kleiner begroting moet kry. Kosmos 94.1 Nuus het met die regeringskenner professor Johan Coetzee gepraat, wat dieselfde mening huldig. Coetzee verduidelik.
17 Jun 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Filmkommissie soek voorleggings vir befondsing

Die Namibiese Filmkommissie het voorleggings vir sy befondsingsiklus vir die huidige boekjaar geopen, wat gemik is op eerstekeer-vervaardigers. Ondersteuning sal gaan na drie kortfilms, drie webreekse, wat beperk tot aansoekers buite Khomas, en een mini-dokumentêr. Die doel is om streeksdiversiteit en vars narratiewe te bevorder. Voorleggings sluit op 11 Augustus…
15 Jul 10AM 1 min

Regering sit kernkrag-bal aan die rol

Namibië het amptelik gesprekke begin met die Internasionale Atoomenergie-agentskap rakende 'n ondersoek om 'n kernkragaanleg te bou, wat na verwagting ten minste tien jaar sal duur. Die uitvoerende direkteur in die Ministerie van Mynwese en Energie, Ben Nangombe, sê die projek moet aan 19 belangrike infrastruktuurstandaarde voldoen, insluitend regulatoriese aangeleenthede…
15 Jul 10AM 1 min

Uiters streng maatreëls vir droogtehulpvleis uit Noorde

Die eerste minister, dr. Elijah Ngurare, het met die aankondiging van die einde van die droogtehulpprogram, gesê dat vleis noord van die rooilyn bekom is, gevries is en suid van die rooilyn versprei is as deel van die program. Kosmos 94.1 Nuus het met landboukenner Wallie Roux. Hy sê van…
15 Jul 10AM 1 min

Voëlgriep onder die loep by dringende vergadering

Die Pluimveeprodusentevereniging het ’n dringende vergadering belê om Namibië se voëlgriepbeheer en -monitering te versterk. Voëlgriep is volgens die vereniging ’n ernstige streek- en wêreldbedreiging. Die vergadering vind môre om twee-uur by die Namibië Landbou-unie se raadsaal in Windhoek plaas. Kosmos 94.1 Nuus het met die voorsitter van die vereniging,…
15 Jul 10AM 1 min

Koeberg nou eers einde Augustus aanlyn

Eskom sê Eenheid 1 van die Koeberg-kernkragsentrale in Kaapstad sal nou teen die einde van Augustus weer aanlyn wees. Daar is aanvanklik verwag dat die eenheid dié maand weer in diens sou wees. Die eenheid van 930-megawatt is tans afgeskakel vir die tweede fase van 'n langtermyn-bedryfsverlenging. Eskom se woordvoerder,…
15 Jul 9AM 1 min