
Iran-oorlog: Wat gaan Trump doen?
--:--
Amerikaanse president Donald Trump het op sosiale media gesê die VSA weet waar Iran se opperleier, die ajatolla Ali Khamenei, hom bevind en hy is 'n maklike teiken, maar sal hom nie doodmaak nie - nie nou nie. Hy het gevra vir Iran se onvoorwaardelike oorgawe en gesê geduld raak min. Trump het ook sy nasionale veiligheidsraad bymekaar geroep om die konflik tussen Israel en Iran te bespreek. Professor Michael Clark, SkyNews se sekuriteit- en verdediging-analis, het Trump se posisie so opgesom.