Guterres het kommer oor Midde-Ooste

--:--
Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, António Guterres, het kommer uitgespreek oor die toenemende konflik tussen Israel en Iran. Die krisis het Vrydag ontstaan toe Israel kern- en militêre persele reg oor Iran aangeval het en Teheran wraakaanvalle op Israelse stede uitgevoer het. Meer as 500 mense is in albei lande dood. Guterres se woordvoerder, Stéphane Dujarric, sê die sekretaris-generaal het beklemtoon dat ʼn skietstilstand noodsaaklik is om verdere onbestendigheid in die streek te verhoed:
19 Jun 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Oudit oor SA spookwerkers dringend nodig

'n Deurwinterde arbeidsadvokaat, Michael Bagraim, het gevra vir 'n deurtastende spookwerker-oudit in alle nasionale en provinsiale regeringsdepartemente. Hy sê in Mei vanjaar het die minister van Finansies, Enoch Godongwana, 'n uitgawe-oorsig vir opruiming van meer as 300-miljard-rand sedert 2013 bekend gemaak om ondoeltreffende regering, insluitend spookwerknemers, uit te roei. Bagraim…
6 Jul 5AM 1 min

SA minister wil lyfstraf in tronke hê

Die polisie- en gevangenisvakbond, POPCRU sê hulle verwerp ten sterkste die idee om geweld as 'n instrument van regstelling by korrektiewe instellings te gebruik. Vakbondwoordvoerder, Richard Mamabolo, het gereageer op die minister van Korrektiewe Dienste, Pieter Groenewald, se beroep vir die herinstelling van lyfstraf in korrektiewe sentrums. Mamabolo sê die…
6 Jul 4AM 1 min

Visserye: Té min geld vir waarnemers

Namibië se visseryewaghond het tans net 121 waarnemers op bote en in fabrieke, omtrent die helfte minder as wat nodig is vir doeltreffende monitering. Volgens die waarnemersagentskap vir visserye, die FOA, het hulle nie genoeg geld om meer waarnemers aan te stel nie. Die agentskap is ook nie by magte…
6 Jul 3AM 1 min

Ramaphosa moet menseregtekommissie ondersoek

Die Forum for South Africa het president Cyril Ramaphosa versoek om volledig ondersoek in te stel na die werksaamhede van die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie voordat dinge handuit ruk. Forumleier Tebogo Mashilompane sê vir jare het baie gemeenskappe regoor die land geen drinkwater gehad nie. Dit is 'n skending van menseregte, maar…
6 Jul 2AM 1 min

Vloede in Texas eis minstens 50 lewens

Minstens 50 mense, insluitende 15 kinders, is dood in kitsvloede in Texas, en die oorstromings is as ‘n federale ramp in die staat verklaar. Grootskaalse skade aan paaie en brûe is aangerig en wydverspreide kragonderbrekings het voorgekom. Intussen soek reddingspanne onverpoos na nóg 27 mense wat by ‘n somerkamp vir…
6 Jul 1AM 1 min