
Eksdirekteur van Steinhoff vyf jaar tronk toe
Loading player...
Cosatu het die skuldigbevinding van die voormalige Steinhoff-direkteur, Iwan Schelbert, deur die Pretoriase Gespesialiseerde Handelsmisdaadhof verwelkom. Schelbert het skuldig gepleit op bedrog en ingestem om te getuig, waarna hy vyf jaar tronkstraf opgelê is. Die federasie sê dit is 'n langverwagte oorwinning vir werkers en pensioenarisse wat 24 miljard rand in die Steinhoff-skandaal verloor het. Matthew Parks van Cosatu het egter die Nasionale Vervolgingsgesag gekritiseer omdat dit agt jaar geneem het:

