Noodeenheid na vloedramp in Limpopo, Mpumalanga ontplooi

Loading player...
Die minister van menslike nedersettings, Thembi Simelane, het die departement se noodbehuisingseenheid ontplooi na vloedgeteisterde gebiede in Limpopo en Mpumalanga. Die behuisingsingryping in Limpopo word gelei deur spanne wat die skade nagaan aan meer as 'n duisend huishoudings wat geraak is. In Mpumalanga kan sommige gesinne hervestig word of van tydelike eenhede voorsien word. Ministeriële woordvoerder Tsekiso Machike sê hulle het die vermoë verhoog om assesserings en bystand te bespoedig:
17 Jan 4AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Copps 94.1: Drankduiwel listig in hoofstad

Die drankduiwel het Vrydagaand rooi ligte helder in Windhoek laat flikker met die Copps 94.1-span, in samewerking met die Namibiese polisie, wat sommer uit die staanspoor met ‘n oënskynlik besope jong man moes huishou wat groot amok gemaak het. In nóg ‘n voorval het ‘n groep jong meisies ook hard…
25 Apr 12AM 1 min

Maak reg vir reën dié naweek

Dié naweek kan daar reën verwag word maar voorspellings verskil, met sommige wat dui op donderstorms en ander op matige reënval. Dit warm ook effe op. Kosmos 94.1 Nuus het met Albertina Anderson, weerkenner van die Namibiese Metereologiese Diens gepraat.
24 Apr 11AM 1 min

Gesprekke met Iran moet kerndeskundiges insluit: EU

Die Europese Unie waarsku gesprekke met Iran moet kerndeskundiges insluit, anders kan dit 'n swakker ooreenkoms wees as 2015 se omvattende aksieplan. Dit is goedgekeur deur die administrasie van die destydse Amerikaanse president, Barack Obama. Iran het ingestem om sy sensitiewe kernbedrywighede te beperk en internasionale inspekteurs toe te laat…
24 Apr 11AM 1 min