
Noodeenheid na vloedramp in Limpopo, Mpumalanga ontplooi
Loading player...
Die minister van menslike nedersettings, Thembi Simelane, het die departement se noodbehuisingseenheid ontplooi na vloedgeteisterde gebiede in Limpopo en Mpumalanga. Die behuisingsingryping in Limpopo word gelei deur spanne wat die skade nagaan aan meer as 'n duisend huishoudings wat geraak is. In Mpumalanga kan sommige gesinne hervestig word of van tydelike eenhede voorsien word. Ministeriële woordvoerder Tsekiso Machike sê hulle het die vermoë verhoog om assesserings en bystand te bespoedig:

