Steenhuisen bevestig weer regering betaal vir BKS-inentings

Loading player...
Die minister van Landbou, John Steenhuisen, het bevestig die regering gaan die volle koste dra van nasionale kuddes se inenting teen bek-en-klouseer. Entstowwe word nou na alle provinsies versprei, met honderde duisende diere wat elke week ingeënt word. Die doel is om teen Desember 80-persent van die inentings toe te dien. Steenhuisen het beklemtoon geen boer sal vir die entstowwe betaal nie en vra belanghebbendes om slegs amptelike inligting te vertrou en waninligting te vermy tydens hierdie nasionale biosekuriteitspoging:
5 Mar 11PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Saftu steun eis vir 13% loonverhoging in suikerbedryf

Die vakbondfederasie Saftu steun ten volle die vakbond Fawu se eis vir 'n loonverhoging van 13-persent in die suiker-vervaardigings- en -raffineringsbedryf. Duisende werkers het hierdie week hulle beskermde staking hervat nadat loononderhandelings 'n dooiepunt bereik het. Die Werkgewersvereniging vir die Suiker-vervaardigings- en -Raffineringsbedryf bied 'n loonverhoging van 5,4-persent aan. Asive…
20 Aug 11AM 1 min

Khomas-onderwysers het tot 55 leerders in klas

Die Khomas-streekraad het kommer uitgespreek oor voortdurende probleme met skoolplasings dwarsoor die streek. Met die aanbieding van die Raad se 2025/26-jaarverslag aan die Nasionale Raad, het LP John Moonde uitgelig dat die onderwyser-tot-leerder-verhouding in sommige kiesafdelings tussen 40 en 55 leerders per onderwyser bereik het.
20 Aug 11AM 1 min

MIV versprei steeds weens vrees vir GBV, vergelding

Nuwe MIV-infeksies, veral onder swanger vroue, duur onverpoosd voort. Emilia Tobias, 'n spesialisverpleegster in infeksievoorkoming en -beheer in die Erongo-streek, sê geslagsgebaseerde geweld, vrees vir vergelding en stigma binne verhoudings dra by tot die verspreiding. Tobias het vandag by 'n mans- en vrouekonferensie in Swakopmund gepraat, waar sy 'n beroep…
20 Aug 10AM 1 min

IPC bekommerd oor VSA-ambassade se Satcom-besoek

Die IPC soek duidelikheid oor die Amerikaanse ambassade se onlangse besoek aan Namibië se Satcom-fasiliteit. Satcom is in besit van August 26, die kommersiële en industriële arm van die verdedigingministerie. Die IPC se skaduminister van verdediging, Aloisius Kangulu, sê geen buitelandse moondhede moet toegang hê tot 'n ander land se…
20 Aug 10AM 1 min