Meer vroue in alle sektore in Namibië nodig

Loading player...
Vandag is Internasionale Vrouedag en die kwessie van vroueverteenwoordiging in openbare en private ruimtes word bespreek. Vanjaar se tema, “Gee om te wen”, is daarop gemik om geslagsgelykheid te bevorder deur oorvloedig te gee. Kosmos 94.1 Nuus het met Sister Namibia se nasionale koördineerder, Brigit Loots, gesels wat sê meer moeite is nodig om meer vroue in alle sektore van die land in te sluit.
8 Mar 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Unam behaal Times Higher Education ranglys

Unam maak gereed vir volgende jaar en aansoeke is oop vir beide eerstejaar- en nagraadse studies. Unam is die enigste Namibiese universiteit wat in die Times Higher Education se wêreld universiteitsranglys geplaas is. Kosmos 94.1 Nuus het met die universiteit se woordvoerder, Simon Namesho gepraat wat meer inligting oor die…
26 Jun 6AM 1 min

Skaap-indaba beplan vir 22 Julie op Mariental

Namibië se skaapprodusente het die geleentheid om insette te lewer in die toekoms van die sektor. Die Lewendehawe Produsente-organisasie hou op 22 Julie 'n vergadering met produsente op Mariental kom 'n entiteit in produsent-besit binne die skaapwaardeketting te ondersoek. Die dag sal handel oor die gedeelde visie vir die bedryf,…
26 Jun 6AM 1 min

Regskenner sê oor 8 tiener verkragtingverdagtes

Die agt minderjarige seuns wat beskuldig word van die beweerde groepsverkragting van 'n 25-jarige vrou in Okahandja in die vroeë oggendure van 7 Junie, sal in aanhouding bly nadat hul borgtogverhoor uitgestel is na 6 tot 17 Julie. Die saak het ook debat aangewakker oor hoe Namibië se regstelsel jeugdige…
26 Jun 6AM 1 min

Het Giordano met Regbank ingemeng?

Amerikaanse ambassadeur John Giordano het onlangs kontroversie veroorsaak toe hy voorgestel het dat Namibiese regters hom moet kontak wanneer hulle sekere sake hanteer, sodat hy advies van regskontakte in Amerika kan inwin. Die opmerkings, wat tydens 'n vergadering met Hoofregter Peter Shivute gemaak is, het kritiek uitgelok en vrae oor…
26 Jun 5AM 1 min

Trump maak weer beloftes aan VSA-boere

President Donald Trump van Amerika vra sowat 181,5-miljard Namibiese dollar van die Kongres om die landbousektor te versterk. Dit volg nadat die VSA/Israelse oorlog teen Iran tot wisselvallige kommoditeitspryse en hoë bedryfskoste vir boere gelei het. Dit sluit groot stygings in brandstof- en kunsmispryse in. Trump het boere, veeboere, beestelers…
26 Jun 5AM 1 min