Namibië het 'n span van 23 gekies om die land by die Statebondspele in Glasgow, Skotland te verteenwoordig. Hulle sal meeding in atletiek, para-atletiek, boks, gimnastiek, rolbal, en swem. Die land het ongelukkig nie vir netbal gekwalifiseer nie, maar staan nog 'n kans om in September vir die Netbal Wêreldbeker…
Vandag is Wêreld Vitiligo-dag, wat wêreldwyd gevier word om bewustheid te verhoog oor vitiligo, 'n langtermyn veltoestand wat pigmentverlies veroorsaak en wit kolle op die vel tot gevolg het. Dermatoloog dr. Nitta Haitembu van die gesondheidministerie sê die toestand, wat wydverspreide aandag op die popikoon Michael Jackson gevestig het, bly…
Vars na die land se verwydering van die gryslys is die Finansiële Intelligensiesentrum se 2025/2026 jaarverslag vrygestel en die direkteur, Bryan Eiseb, het by die geleentheid gesê dat 25 miljoen Namibiese dollar in dié boekjaar verbeur is weens vermoedelike finansiële misdade. Hy het aangedui dat die bekamping van geldwassery en…
Tydens haar staatsbesoek aan Tanzanië het president Netumbo Nandi-Ndaitwah vier nuwe bilaterale ooreenkomste met die land onderteken, wat verdediging, handel, kleinsake-ontwikkeling en 'n vennootskap tussen Zanzibar en Swakopmund dek. Gabriel Erastus, plaaslike ekonoom, sê dis alles goed en wel maar daar is hindernisse vir veral kleiner besighede om voordeel daaruit…
Die Verenigde Nasies sê kinderbeskerming moet deel vorm van alle vredes-, veiligheids- en na-konflikprosesse. 'n Verslag toon soldate en regeringsmagte het verlede jaar meer ernstige skendings teen kinders gepleeg as onafhanklike gewapende groepe. Die verslag bevestig 38 558 ernstige oortredings teenoor 24 174 kinders. Die VN se spesiale verteenwoordiger vir…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.