GOOD verwelkom AirBnB-reëls

Loading player...
Die GOOD-party het die voorgestelde regulasies vir korttermynverhurings deur die minister van Toerisme, Patricia de Lille, verwelkom. Die party sê huurgeld en eiendomspryse in Kaapstad styg vinniger as inkomste, en met 70-persent van die huise in die middestad wat op Airbnb gelys word, is regverdige reëls nodig om inwoners te beskerm. Die sekretaris-generaal van GOOD, Brett Herron, sê toerismevoordele moet wyer gedeel word, nie net deur eiendomseienaars wat voordeel trek uit korttermynverhurings nie:
19 Mar 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Aanlyn-aansoeke vir Omgewingsimpakstudie-vorms weer oop

Die omgewingsministerie sê 'n fout op hul webwerf wat mense nie toelaat om aanlyn aansoek te doen vir die Omgewingsimpakstudie-vorms nie, is reggestel. Die vorms word gebruik om te bepaal of 'n bouprojek nabygeleë water, diere of gemeenskappe sal benadeel voordat geld aan konstruksie bestee word. Die ministerie se woordvoerder,…
20 Aug 10AM 1 min

Israel se hantering van hulpwerker-sterftes grief Aussies

Die Australiese minister van Buitelandse Sake, Penny Wong, is woedend omdat Israel nie strafregtelike aanklagte gaan instel vir die moorde op die Australiese hulpwerker Zomi Frankcom en haar ses kollegas van die World Central Kitchen nie. Hulle is in April 2024 dood in 'n Israeliese aanval in Gaza. Die Weermag…
20 Aug 9AM 1 min

'Oppas met verpligte bydraes' tot nuwe pensioenfonds

Danny Meyer, stigter van SME Compete, doen 'n beroep op omsigtigheid rakende voorgestelde verpligte bydraes tot die beplande Nasionale Pensioenfonds. Ingevolge huidige voorstelle sal werkers wat 1 500 Namibiese dollar per maand verdien, 75 dollar per maand vir die fonds moet betaal. Meyer waarsku dat, hoewel 'n inklusiewe pensioenfonds lofwaardig…
20 Aug 9AM 1 min

Action SA dien hofstukke in oor Phala Phala 'bedrogspul'

ActionSA het hofstukke teen die Polisiediens by die Hooggeregshof in Pretoria ingedien oor ʼn beweerde polities-gedrewe poging om lede van die presidensiële beskermingsdiens te beskerm. ʼn Polisie-ondersoek het die hoof van die diens, Wally Rhoode, en Hlulani Rekhoto vrygespreek nadat hulle beskuldig is dat hulle die inbraak op president Cyril…
20 Aug 8AM 1 min

Julius sê Cyril kan nie sy eie regter vir ampsklagproses kies nie

Die EFF-leier Julius Malema het president Cyril Ramaphosa se beswaar teen die Ampsklagkomitee se getuienisleier verwerp en gesê hy probeer doelbewus om die komitee se demokratiese prosesse te vertraag. Ramaphosa het in 'n brief die aanstelling van advokaat Thandazani Madonsela verwerp, en botsende belange as rede aangevoer. Die komitee het…
20 Aug 6AM 1 min