Die direkteur-generaal van die Wêreldgesondheidsorganisasie, Tedros Adhanom Ghebreyesus sê daar is geen rede tot paniek nie. Dit kom na 'n Ebola-geval in Frankryk bevestig is. 'n Dokter wat in die DRK pasiënte behandel het, het positief getoets. Ghebreyesus sê die risiko vir verspreiding is uiters laag.
Bafana Bafana se afrigter, Hugo Broos, het sy span geloof wat die eerste keer ooit die uitklopronde van 'n Wêreldbekertoernooi gehaal het. Suid-Afrika het Suid-Korea in Monterrey, Mexiko, 1-0 verslaan toe Thapelo Maseko in die tweede helfte die wedstryd se enigste doel aangeteken het. Bafana Bafana speel Sondag in Los…
Die Motorvoertuig-ongelukkefonds het onthul dat Namibië tussen 1 Januarie en 21 Junie altesaam 1 333 ongelukke, 2 273 beserings en 229 sterftes op die paaie aangemeld het. Dit is amper agt ongelukke daagliks en om dinge te vererger is dit 'n daling van 11 persent teenoor dieselfde tydperk in 2025…
Die DA in die Wes-Kaap sê nege plantspesies het sedert 2020 in die natuur uitgesterf as gevolg van onwettige stropery en handel in inheemse vetplante. Die party doen 'n beroep op sterker optrede teen misdaadsindikate wat onwettig handel dryf, veral in die Knersvlakte Natuurreservaat. Dave Bryant van die DA sê…
Kommer is in die parlement geopper oor vertragings in betalings aan kontrakteurs wat dienste aan die regering lewer. Die LPM-parlementslid Dawid Eigub het Tesourie-amptenare en regeringsinstellings daarvan beskuldig dat hulle ingediende fakture terughou en betalings teen 'n onaanvaarbaar stadige tempo verwerk. Hy het aangevoer dat die vertragings nie net besighede…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.