Brandstof gaan werkers laat bloei, maan vakbond

Loading player...
Die vakbondfederasie Cosatu sê die regering moet dringend optree om burgers te beskerm teen geweldige brandstofprysstygings vanaf volgende maand. Petrol sal na verwagting met R5,41 per liter styg en diesel met R8,84 per liter. Matthew Parks van Cosatu waarsku hierdie stygings, wat deur die Midde-Oosterse konflik veroorsaak word, sal werkers benadeel, vervoerkoste verdubbel en die verlies van werksgeleenthede veroorsaak. Parks doen 'n beroep op brandstofbelastingverligting, ondersteuning vir elektrisiteit, openbare vervoer, maatskaplike toelaes en die onderbreking van afleggings:
21 Mar 7AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Lone is te laag, daarom skuld... BIG broodnodig

Die Economic and Social Justice Trust sê Namibië se stygende huishoudelike skuldvlakke is 'n simptoom van 'n ekonomie in krisis. Dit kom terwyl huishoudings altesaam 78 miljard Namibiese dollar in skuld hou, waarvan byna 10 persent skuld aan mikroleners is. Die trust se voorsitter, Herbert Jauch, waarsku dat hoë werkloosheid,…
25 Jun 12AM 1 min

Canyon: 68 stappers per lug ontruim in sewe ure

Die redding van 96 stappers uit die Visrivier-canyon na swaar reënval wat die rivier laat afkom het, is steeds in die nuus. Die Nautedam se sluise moes ook getrek word en die Neckartaldam het oorgeloop, wat die riviervlak verder verhoog het en die stappers vasgekeer het. Die polisie-helikopter wat gebruik…
25 Jun 12AM 1 min

Drie van Lesotho aangekeer in Jhb-massaskietery

Drie burgers van Lesotho is aangekeer in verband met die massaskietery in die Jumpers-informele nedersetting in Cleveland, Johannesburg, vroeër die maand waarin 13 mense dood en 14 beseer is. Hulle is in die KwaMaiMai-informele nedersetting in hegtenis geneem ná 'n intensiewe ondersoek waarby verskeie spesialis-wetstoepassingseenhede betrokke was. Polisiewoordvoerder Dimakatso Nevhuhulwi…
24 Jun 11PM 1 min

Rubio sê oor Israel wat weier om uit Libanon te onttrek

Die Israeliese minister van verdediging, Israel Katz, sê dat Israeliese troepe nie uit Suid-Libanon sal onttrek nie, wat die Iran-vredesgesprekke verder bemoeilik aangesien gevegte in Libanon steeds 'n struikelblok vir permanente vrede is. Israel en die Libanese regering is besig met gesprekke wat deur Amerika bemiddel word, wat onder meer…
24 Jun 11PM 1 min