'Kinders se geesteswelstand 'n menseregtekrisis'

Loading player...
Die Suid-Afrikaanse Vereniging van Psigiaters sê dringende optrede is nodig om geestesgesondheidsorg vir kinders te verbeter, met slegs een uit tien wat hulp kry, en noem dit 'n menseregtekrisis. Met die viering van Menseregtedag blameer die organisasie onderbefondsing, 'n tekort aan spesialiste en beperkte fasiliteite. Renata Schoeman van die vereniging doen 'n beroep op meer ondersteuning in skole, beter vroeë ingryping en verbeterde koördinering deur die regering om kinders te help om die sorg te kry wat hulle nodig het:
22 Mar 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Landbou se tegniese ghoeroes lankal nodig

Die landbou-organisasie TLU SA het minister van landbou, John Steenhuisen, se besluit verwelkom om 27 eksterne tegniese raadgewers aan te stel. Hulle sal help om tegniese data te na te gaan om te verseker dat alle produkte voldoen aan veiligheids- en gehaltestandaarde soos vereis deur die registrateur van die Wet…
18 Apr 7AM 1 min

Dieremishandeling: Sit jou voet neer!

April is die maand om dieremishandeling te beveg – ’n tyd om te besin oor hoe diere behandel word en wat dit oor die samelewing openbaar. Die syfers van die Dierebeskermingsvereniging van Windhoek is skokkend: Van die meer as 4 000 diere wat elke jaar ingeneem word, is 90 persent…
18 Apr 6AM 1 min

Strooipos-oproepe se dae in SA getel

Die Nasionale Verbruikerskommissie het die wysiging van 'n regulasie in die Wet op Verbruikersbeskerming verwelkom om strooipos-oproepe te beperk. Die minister van handel, nywerheid en mededinging, Parks Tau, het dit in die Staatskoerant gepubliseer. Woordvoerder Phetho Ntaba sê die gewysigde regulasies vestig 'n uitsluitings-registerstelsel en bied meganismes vir verbruikers om…
18 Apr 4AM 1 min

Ramaphosa vra vir regverdige internasionale handelsreëls

President Cyril Ramaphosa vra regverdige internasionale handelsreëls namate lande oorskakel na 'n lae-koolstof-ekonomie. Hy het op 'n sakeforum in Spanje gesê klimaatbeleid moenie ontwikkelende ekonomieë onregverdig benadeel nie, en bepleit sterker steun deur klimaatsbefondsing, tegnologie-oordrag en oorgangsmaatreëls. Ramaphosa beklemtoon Suid-Afrika ondersteun klimaatsoptrede, en handelstelsels moet regverdig bly namate die wêreld…
18 Apr 4AM 1 min

Veldfiets: Motocross se derde been brul op Gallina

Die derde been van die 2026 Nasionale Veldfietskampioenskappe vind vandag by die Gallina Motocross Park net buite Windhoek plaas. Sowat 42 ryers gaan vir ‘n dag propvol aksie sorg, sê Kosmos 94.1 se Francois Lottering:
18 Apr 3AM 1 min