Padveiligheid: Goeie begin vir Pase in SA

Loading player...
Die minister van vervoer, Barbara Creecy, sê daar was 'n afname in padongelukke en sterftes voor die besige Paasnaweek-reistydperk. Noodlottige ongelukke het met 16,7-persent gedaal, van 306 tot 255, en sterftes met 18,3-persent van 356 tot 291 in dieselfde tydperk verlede jaar. Dit word toegeskryf aan verskerpte wetstoepassing, insluitend meer as 300 padblokkades en verhoogde polisie-sigbaarheid. Creecy het motoriste aangespoor om verantwoordelik te te bestuur om laer ongeluksyfers te handhaaf:
2 Apr 11AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Ampsklagkomitee win regsmening in

Die parlementêre Ampsklagkomitee het besluit om 'n brief deur president Cyril Ramaphosa, waarin hy beswaar maak teen die aanbevole getuienisleier, vir 'n regsmening te verwys. Die president sê hy het Madonsela as sy aanstelling by die Regterlike Dienskommissie verwyder na onderhoude vir 'n hoofregter in 2022. Hy sê Madonsela is…
20 Aug 4AM 1 min

NEFF maak alarm oor buitelandse en onwettige myners in Kunene

Kalimbo Iipumbu, die adjunkleier van die Namibiese Ekonomiese Vryheidsvegters, het buitelandse maatskappye van onwettige mynboubedrywighede in die Kunene-streek beskuldig terwyl plaaslike kleinskaalse mynwerkers opsy geskuif het. Tydens 'n besoek aan die Parlementêre Staande Komitee oor Natuurlike Hulpbronne het Iipumbu die myne-ministerie en immigrasiebeamptes versoek om regulatoriese toesig te verskerp en…
20 Aug 4AM 1 min

DA sê Emufleni skuld R11 miljard

Die DA sê die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit se skuld plaas plaaslike ondernemings onder finansiële druk, met sommige wat ernstige probleme ondervind omdat hulle nie betyds vir gelewerde dienste betaal word nie. Volgens die party skuld die munisipaliteit meer as 11-miljard Suid-Afrikaanse rand aan krediteure, insluitend miljarde wat aan Eskom en…
20 Aug 3AM 1 min

NAC tref noodmaatreëls met brandstoftekorte van Vivo

Die Namibiese Lughawensmaatskappy sê noodmaatreëls is aan die gang om die druk op die voorraad van stralerbrandstof by Hosea Kutako Internasionale Lughawe te versag. Woordvoerder Dan Kamati bevestig dat lughawebedrywighede vir eers onaangeraak bly, hoewel reisigers aangemoedig word om vlugskedules direk by hul lugdienste te verifieer as 'n voorsorgmaatreël.
20 Aug 3AM 1 min

Kanadese-tariewe: VSA sê sy irritasies is uitgeskakel

President Donald Trump sê Amerika het “ʼn baie regverdige” handelsooreenkoms met Kanada bereik. Onderhandelaars het gister vergader nadat Trump die instelling van 50-persent-tariewe op ʼn reeks Kanadese produkte voorlopig uitgestel het. Kanada se eerste minister, Mark Carney, sê hulle werk aan ʼn ooreenkoms waar die beste bepalings ingesluit word by…
20 Aug 2AM 1 min