Na sy heropening in 2023 is Farmers Meat Market in Mariental tans in volle produksie. Kosmos 94.1 Nuus het met die voorsitter van die Ohlthaver & List Groep, Sven Thieme, gepraat wat sê die aanleg werk teen volle produksiekapasiteit van 280 000 skape. Dit is die enigste A-gegradeerde uitvoerfasiliteit vir…
Die Nasionale Vervolgingsgesag veroordeel die EFF-leier, Julius Malema, se dreigemente teen 'n staatsaanklaer na sy vonnis-oplegging. Die NVG sê die kommentaar, wat op sosiale media geplaas is, kom neer op intimidasie en ondermyn die oppergesag van die reg, en waarsku dat aanklaers toegelaat moet word om hul pligte sonder vrees…
Die Maltahöhe-gebaseerde Rural Revive, die vlagskipinisiatief van die Wolwedans-stigting se AridEden-projek, is met goud bekroon in die kategorie Regeneratiewe Toerisme by die gesogte 2026 World Travel Market Africa Responsible Tourism-toekennings in Kaapstad. Hierdie erkenning kwalifiseer die projek om in September by die Global Responsible Tourism-toekennings in Londen mee te ding…
Konsultasies oor die kuberveiligheidwetgewing is die week in die hoofstad afgehandel. Volgens kenners is die wetgewing steeds nie op standaard nie en vrae oor menseregte bly ook 'n kwessie. Kosmos 94.1 Nuus het met Frederico Links, mede-navorser by die Instituut van Openbare Beleidsnavorsing gepraat wat sy kommer oor die wetgewing…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.