Veiligste paaie in Gauteng, Limpopo en Noord-Kaap

Loading player...
Die minister van vervoer, Barbara Creecy, sê Gauteng, Limpopo en die Noord-Kaap het die grootste verbeterings in padveiligheid voor die Paasfees-reistydperk aangeteken. Hierdie drie provinsies het skerp afnames in ongelukke en sterftes van tussen 46 persent en 47 persent waargeneem, wat die impak van verskerpte wetstoepassing en padveiligheidsveldtogte weerspieël. Creecy het aan die media gesê die vordering is bemoedigend namate owerhede werk om ongelukke gedurende die besige vakansietydperk te verminder:
3 Apr 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Meat Market in Mariental se verslagting loop oop

Na sy heropening in 2023 is Farmers Meat Market in Mariental tans in volle produksie. Kosmos 94.1 Nuus het met die voorsitter van die Ohlthaver & List Groep, Sven Thieme, gepraat wat sê die aanleg werk teen volle produksiekapasiteit van 280 000 skape. Dit is die enigste A-gegradeerde uitvoerfasiliteit vir…
17 Apr 11AM 1 min

NVG veroordeel Julius se staatsaanklaer-dreigemente

Die Nasionale Vervolgingsgesag veroordeel die EFF-leier, Julius Malema, se dreigemente teen 'n staatsaanklaer na sy vonnis-oplegging. Die NVG sê die kommentaar, wat op sosiale media geplaas is, kom neer op intimidasie en ondermyn die oppergesag van die reg, en waarsku dat aanklaers toegelaat moet word om hul pligte sonder vrees…
17 Apr 11AM 1 min

Rural Revive wen goud by gesogte toerisme-toekennings

Die Maltahöhe-gebaseerde Rural Revive, die vlagskipinisiatief van die Wolwedans-stigting se AridEden-projek, is met goud bekroon in die kategorie Regeneratiewe Toerisme by die gesogte 2026 World Travel Market Africa Responsible Tourism-toekennings in Kaapstad. Hierdie erkenning kwalifiseer die projek om in September by die Global Responsible Tourism-toekennings in Londen mee te ding…
17 Apr 11AM 1 min

Kuberveiligheidwetgewing 'sub-standaard, vol regskwessies'

Konsultasies oor die kuberveiligheidwetgewing is die week in die hoofstad afgehandel. Volgens kenners is die wetgewing steeds nie op standaard nie en vrae oor menseregte bly ook 'n kwessie. Kosmos 94.1 Nuus het met Frederico Links, mede-navorser by die Instituut van Openbare Beleidsnavorsing gepraat wat sy kommer oor die wetgewing…
17 Apr 10AM 1 min