Monarch doen weer 'n beroep op veiligheid na liggaam uitspoel

Loading player...
Die liggaam van die man wat Dinsdag van die jetty op Swakopmund afgespring en verdrink het, is Sondag opgespoor. Nikodemus David, ‘n 32-jarige Namibiër, het suid van die jetty naby die mond van die Swakoprivier uitgespoel, waar dit deur verbygangers opgemerk is. Monarch Lifeguards, wat deel van die soektog was, se Martin Muyenga deel 'n waarskuwing aan inwoners om meer versigtig te wees.
7 Apr 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Meat Market in Mariental se verslagting loop oop

Na sy heropening in 2023 is Farmers Meat Market in Mariental tans in volle produksie. Kosmos 94.1 Nuus het met die voorsitter van die Ohlthaver & List Groep, Sven Thieme, gepraat wat sê die aanleg werk teen volle produksiekapasiteit van 280 000 skape. Dit is die enigste A-gegradeerde uitvoerfasiliteit vir…
17 Apr 11AM 1 min

NVG veroordeel Julius se staatsaanklaer-dreigemente

Die Nasionale Vervolgingsgesag veroordeel die EFF-leier, Julius Malema, se dreigemente teen 'n staatsaanklaer na sy vonnis-oplegging. Die NVG sê die kommentaar, wat op sosiale media geplaas is, kom neer op intimidasie en ondermyn die oppergesag van die reg, en waarsku dat aanklaers toegelaat moet word om hul pligte sonder vrees…
17 Apr 11AM 1 min

Rural Revive wen goud by gesogte toerisme-toekennings

Die Maltahöhe-gebaseerde Rural Revive, die vlagskipinisiatief van die Wolwedans-stigting se AridEden-projek, is met goud bekroon in die kategorie Regeneratiewe Toerisme by die gesogte 2026 World Travel Market Africa Responsible Tourism-toekennings in Kaapstad. Hierdie erkenning kwalifiseer die projek om in September by die Global Responsible Tourism-toekennings in Londen mee te ding…
17 Apr 11AM 1 min

Kuberveiligheidwetgewing 'sub-standaard, vol regskwessies'

Konsultasies oor die kuberveiligheidwetgewing is die week in die hoofstad afgehandel. Volgens kenners is die wetgewing steeds nie op standaard nie en vrae oor menseregte bly ook 'n kwessie. Kosmos 94.1 Nuus het met Frederico Links, mede-navorser by die Instituut van Openbare Beleidsnavorsing gepraat wat sy kommer oor die wetgewing…
17 Apr 10AM 1 min

Ekonomie sal so 2,6% vanjaar groei, maar...

Namibië se ekonomie sal na verwagting geleidelik herstel na 'n trae 2025, met groei wat na verwagting tot 2,6 persent hierdie jaar en 2,9 persent in 2027 sal styg. Volgens die Bank van Namibië word hierdie vooruitsig ondersteun deur uitbreiding in konstruksie, nutsdienste, handel, finansiële dienste en openbare administrasie, tesame…
17 Apr 10AM 1 min