Aussies se soldaat-held vas vir oorlogsmisdade

Loading player...
Australië se mees bekroonde lewende soldaat is vir vermeende oorlogsdade aangekeer na ʼn ondersoek van vyf jaar. Die 47-jarige Ben Roberts-Smith staan tereg op vyf aanklagte van moord tydens sy dienstydperk in Afganistan tussen 2009 en 2012. Hy is voorheen beskuldig van moord op ongewapende burgerlikes as lid van die Australiese Spesiale Lugdiens. Roberts-Smith ontken die aantygings. Federale polisiekommissaris Krissy Barrett sê die maksimum-straf vir elke aanklag is lewenslange tronkstraf:
7 Apr 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Unam-inskrywings skiet die hoogte in

Nadat gesubsidieerde tersiêre onderwys vanjaar in werking getree het, het Unam sterk inskrywingsgroei aangeteken. Die totale inskrywing vir 2026 staan op net meer as 30 800 studente, 'n toename vanaf ongeveer 26 900 in 2025. Dit is opmerklik dat die eerstejaar-inname aansienlik gestyg het, van sowat 8 300 studente in…
17 Apr 8AM 1 min

Dele van SA koud, nat en winderig die naweek

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het 'n waarskuwing uitgereik vir donderstorms met swaar reën en skadelike wind in dele van die land tot Maandag. 'n Geel vlak 2-waarskuwing vir hewige donderstorms met swaar reën is uitgereik vir dele van die Noord-, die Oos- en die Wes-Kaap, en die sentrale en westelike dele…
17 Apr 8AM 1 min

Skenking beklemtoon belangrikheid van privaatsektor samewerking

Die adjunkminister van landbou, Ruthy Masake, het klaskamers en stoorkamers by die Uahekua Herunga Laerskool in die Ruacana-kiesafdeling ingewy. Die fasiliteite was geskenk deur Okalongo Fishing. Masake is aan woord en verduidelik die belangrikheid en samewerking tussen die privaatsektor en die regering.
17 Apr 6AM 1 min

SA skep wetgewing teen besettings, vir uitsettings

Die minister van Menslike Nedersettings, Thembi Simelane, sê die toename in onwettige besettings van grond en geboue in die land plaas ʼn aansienlike finansiële en administratiewe las op die regering en die privaat sektor. Die regering het die Wysigingswetsontwerp op Voorkoming van Onwettige Uitsetting en Onwettige Grondbesetting vir openbare kommentaar…
17 Apr 6AM 1 min

B2Gold skenk spesiale goudstawe aan SRT

B2Gold het 'n noemenswaardige goud-skenking aan Save the Rhino Trust gemaak, wat gebruik sal word vir unieke goundstawe. Dit gaan ter ondersteuning van die veldwagters en beskerming van swartrenosters, onder die trust. Elzanne McCullonch, besturende direkteur van Venture Media wat die trust se kommunikasie hanteer, gee meer inligting.
17 Apr 6AM 1 min