Die Gautengse wetgewer se portefeuljekomitee oor Gemeenskapsveiligheid het die oproep vir 'n vuurwapenvrye provinsie hernu na 'n toename in gewelddadige skietvoorvalle. Dit kom na die dood van 'n munisipale werknemer in Vanderbijlpark, en 'n sakeman en sy sekuriteitswag wat noodlottig in Ormonde geskiet is. Die voorsitter van die komitee, Bandile…
Israel en Libanon het ooreengekom om regstreekse onderhandelinge voort te sit. Die twee lande het Dinsdag hulle eerste diplomatieke gesprekke in meer as drie dekades gevoer na bemiddeling deur Amerika se minister van Buitelandse Sake, Marco Rubio, in ʼn poging om gevegte tussen Israel en die Iran-ondersteunde Hisbolla-groep te beëindig…
Die omgewingsministerie het 'n beroep gedoen op streng afdwinging van die raamwerk vir toegang en voordeel-deling om Namibië se biologiese hulpbronne te benut en te beskerm. Uitvoerende direkteur in die ministerie, Sikongo Haihambo, het tydens 'n toegang-en-voordeeldeling-opleidingsessie onthul dat Namibië se biohandelsektor 4,5 persent tot die nasionale ekonomie bydra, met…
Die EFF sê die saak teen sy leier, Julius Malema, is 'n poging om die party te vernietig, en beklemtoon dat howe nie as instrumente gebruik moet word om politieke gevegte te voer nie. Hy is verlede jaar skuldig bevind aan die onwettige besit van 'n vuurwapen en die afvuur…
Die vakbondfederasie Cosatu het sy verontwaardiging uitgespreek oor die moord op 'n munisipale werker in Emfuleni in Gauteng. Die werker is vermoedelik vermoor na sy beweerde korrupsie blootgelê het. Die slagoffer, geïdentifiseer as Martha Rantsofu, het onreëlmatighede rakende munisipale rekeninge aangemeld en het voor haar dood 'n saak by die…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.