Vraag na voertuie versnel afbetalingsverkoop- en huurkrediet

Loading player...
Privaatsektor kredietverlening-groei het in Februarie met 4,7 persent op 'n jaargrondslag gestyg vanaf 4,2 persent jaar-tot-jaar in Januarie, gedryf deur korporatiewe kredietverlening wat versnel het tot 7,3 persent jaar-tot-jaar vanaf 5,8 persent in Januarie. Huishoudelike krediet het effens gedaal tot 2,9 persent jaar-op-jaar vanaf 3 persent 'n maand tevore. Afbetalingsverkoop- en huurkrediet het versnel tot 20 persent op 'n jaargrondslag vanaf 17,4 persent in Januarie, weens 'n sterker vraag na kommersiële en passasiersvoertuie. Die groei in oortrokke fasiliteite het skerp verlangsaam tot 4 persent jaar-tot-jaar wat die algehele momentum getemper het. FNB Namibië ekonoom Ndateelela Amukuhu:
8 Apr 10AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Cosatu vra beter beskerming vir fluitjieblasers

Die vakbondfederasie Cosatu het sy verontwaardiging uitgespreek oor die moord op 'n munisipale werker in Emfuleni in Gauteng. Die werker is vermoedelik vermoor na sy beweerde korrupsie blootgelê het. Die slagoffer, geïdentifiseer as Martha Rantsofu, het onreëlmatighede rakende munisipale rekeninge aangemeld en het voor haar dood 'n saak by die…
15 Apr 1AM 1 min

IMF waarsku oor wêreld resessie

Die Internasionale Monetêre Fonds het gewaarsku dat indien die VSA-Israel-oorlog met Iran voortduur, 'n wêreldwye resessie veroorsaak kan word. Die IMF se jongste Wêreldekonomiese Vooruitsig voorspel dat wêreldwye groei vanjaar tot 3,1-persent sal verlangsaam, en inflasie tot 4,4-persent sal styg. Die hoofekonoom van die IMF, Pierre-Olivier Gourinchas, sê in 'n…
15 Apr 1AM 1 min

Momentum tree na vore as NSSU Rugby-liga borg

Momentum Namibië sal die Namibië Sekondêre Skool Rugby-liga vir die volgende vyf jaar borg. Die vennootskap sal 'n groot hupstoot vir rugbyontwikkeling op grondvlak reg oor die land beteken. Die langtermynverbintenis dui op 'n sterk geloof in die talent, dissipline en passie van die land se opkomende rugbysterre. Kosmos 94.1…
15 Apr 1AM 1 min

Beroep op SME’s om aan opname deel te neem

Survey Warehouse is besig met 'n opname oor die Namibiese kleinbesigheidslandskap. Volgens Survey Warehouse se stigter, Christie Keulder, weet wetgewers en Namibiërs te min van die druk wat kleinbesighede daagliks ondervind in terme van finansies, regulasies, vaardighede, mark toegang, en tegnologie aanneming. Die Konrad Adenauer-stigting is 'n vennoot saam met…
15 Apr 1AM 1 min

Sankwasa beoefen selektiewe verantwoordbaarheid

Druk neem toe om verantwoordbaarheid op plaaslike regeringsvlak te verseker, met stedelike en landelike ontwikkeling-minister, James Sankwasa, wat munisipaliteite opdrag gegee het om die name van raadslede met uitstaande water- en elektrisiteitsrekeninge teen 16 April in te dien. Dit kom te midde van kommer dat sommige raadslede steeds dienste ontvang…
15 Apr 12AM 1 min