Die vakbondfederasie Cosatu het sy verontwaardiging uitgespreek oor die moord op 'n munisipale werker in Emfuleni in Gauteng. Die werker is vermoedelik vermoor na sy beweerde korrupsie blootgelê het. Die slagoffer, geïdentifiseer as Martha Rantsofu, het onreëlmatighede rakende munisipale rekeninge aangemeld en het voor haar dood 'n saak by die…
Die Internasionale Monetêre Fonds het gewaarsku dat indien die VSA-Israel-oorlog met Iran voortduur, 'n wêreldwye resessie veroorsaak kan word. Die IMF se jongste Wêreldekonomiese Vooruitsig voorspel dat wêreldwye groei vanjaar tot 3,1-persent sal verlangsaam, en inflasie tot 4,4-persent sal styg. Die hoofekonoom van die IMF, Pierre-Olivier Gourinchas, sê in 'n…
Momentum Namibië sal die Namibië Sekondêre Skool Rugby-liga vir die volgende vyf jaar borg. Die vennootskap sal 'n groot hupstoot vir rugbyontwikkeling op grondvlak reg oor die land beteken. Die langtermynverbintenis dui op 'n sterk geloof in die talent, dissipline en passie van die land se opkomende rugbysterre. Kosmos 94.1…
Survey Warehouse is besig met 'n opname oor die Namibiese kleinbesigheidslandskap. Volgens Survey Warehouse se stigter, Christie Keulder, weet wetgewers en Namibiërs te min van die druk wat kleinbesighede daagliks ondervind in terme van finansies, regulasies, vaardighede, mark toegang, en tegnologie aanneming. Die Konrad Adenauer-stigting is 'n vennoot saam met…
Druk neem toe om verantwoordbaarheid op plaaslike regeringsvlak te verseker, met stedelike en landelike ontwikkeling-minister, James Sankwasa, wat munisipaliteite opdrag gegee het om die name van raadslede met uitstaande water- en elektrisiteitsrekeninge teen 16 April in te dien. Dit kom te midde van kommer dat sommige raadslede steeds dienste ontvang…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.