DA eis optrede met Gauteng-regeringsgeboue

Loading player...
Die DA in Gauteng sê dit is byna 'n jaar nadat Premier Panyaza Lesufi 'n ondersoek na 41 verlate regeringsgeboue en 11 gehuurde eiendomme begin het, maar inwoners weet steeds nie hoeveel aan sekuriteit bestee word nie. Khathutshelo Rasilingwane van die DA sê die party het onthul dat 34-miljoen Suid-Afrikaanse rand aan gehuurde geboue bestee word. Sy sê die DA dring daarop aan dat die opknapping van verlate geboue geprioritiseer word om huurkoste te verminder:
9 Apr 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Nuwe regulasies rakende waterwerke bevraagteken

AfriForum sê die Departement van Water en Sanitasie se voorgestelde regulasies oor die bestuur en beheer van regerings-waterwerke is ongeregverdig. Dit is daarop gemik om beheer oor staatswaterwerke en omliggende staatsgrond te versterk en die regulasies van 1964 te vervang. Woordvoerder Marais de Vaal sê die publiek sal dan toestemming…
14 Apr 11PM 1 min

VSA se bewering oor vaartuie in Hormuz weerlê

Die VSA het Dinsdag gesê geen skepe het in die eerste 24 uur deur sy blokkade van die Straat van Hormuz gegaan nie, en het bygevoeg dat ses handelsvaartuie "aan rigtingwysers van die Amerikaanse magte voldoen het" en omgedraai het. Die BBC berig egter dat minstens vier skepe wat met…
14 Apr 11PM 1 min

DA skop vas teen nuwe damregulasies

Die DA vra gemeenskappe om die Departement van Water en Sanitasie se damregulasies teen te staan en sê dit bedreig inwoners wat langs damme woon se ekonomiese voortbestaan. Die regulasies stel strenger beheermaatreëls in rondom toegang tot staatsdamme en ander waterwerke. DA-woordvoerder Igor Scheurkogel sê indien die regulasies in werking…
14 Apr 11AM 1 min

John Dobson looi kritici van Stormers-spelers

Rugby: Die Stormers se afrigter, John Dobson, het kritiek op sy spelers as heeltemal ongegrond en neerdrukkend beskryf. Die span is hewig gekritiseer omdat hulle nie die bal wyd beweeg het teen 13 man nie, terwyl losskakel Sacha Feinberg-Mngomezulu ook gestriem is omdat hy nie 'n skepdoelkans benut het voor…
14 Apr 11AM 1 min