Daar's nog baie werk op seestraat oop te maak - Starmer

Loading player...
Die Verenigde Koninkryk se eerste minister, Keir Starmer, sê daar lê baie werk voor om die belangrike Straat van Hormuz te heropen, ten spyte van die skietstilstandooreenkoms van twee weke tussen Amerika en Iran. Iran se Rewolusionêre Wagkorps sê skeepvaart deur die seestraat het gestop nadat Israel na bewering die skietstilstand in Libanon verbreek het. Starmer het gister tydens ʼn besoek aan Saoedi-Arabië gesê die skeepvaartbedryf moet vertroue hê dat hy veilig deur die Straat van Hormuz kan vaar:
9 Apr 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

DA sê Emufleni skuld R11 miljard

Die DA sê die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit se skuld plaas plaaslike ondernemings onder finansiële druk, met sommige wat ernstige probleme ondervind omdat hulle nie betyds vir gelewerde dienste betaal word nie. Volgens die party skuld die munisipaliteit meer as 11-miljard Suid-Afrikaanse rand aan krediteure, insluitend miljarde wat aan Eskom en…
20 Aug 3AM 1 min

NAC tref noodmaatreëls met brandstoftekorte van Vivo

Die Namibiese Lughawensmaatskappy sê noodmaatreëls is aan die gang om die druk op die voorraad van stralerbrandstof by Hosea Kutako Internasionale Lughawe te versag. Woordvoerder Dan Kamati bevestig dat lughawebedrywighede vir eers onaangeraak bly, hoewel reisigers aangemoedig word om vlugskedules direk by hul lugdienste te verifieer as 'n voorsorgmaatreël.
20 Aug 3AM 1 min

Kanadese-tariewe: VSA sê sy irritasies is uitgeskakel

President Donald Trump sê Amerika het “ʼn baie regverdige” handelsooreenkoms met Kanada bereik. Onderhandelaars het gister vergader nadat Trump die instelling van 50-persent-tariewe op ʼn reeks Kanadese produkte voorlopig uitgestel het. Kanada se eerste minister, Mark Carney, sê hulle werk aan ʼn ooreenkoms waar die beste bepalings ingesluit word by…
20 Aug 2AM 1 min

Misa eis wetstoepassing na dodelike klipgooiery op R24

Die Motorbedryf-personeelvereniging doen 'n beroep op dringende optrede om dodelike klipgooiery op motoriste te verhoed. Dit volg na die dood van 'n vrou wat deur 'n groot klip getref is terwyl sy onder 'n brug op die R24 in Bedfordview, Johannesburg, gery het. Phakamile Hlubi-Majola van die vereniging doen 'n…
20 Aug 2AM 1 min