Trump sê hy gee nie om of Iran-gesprekke voortgaan

Loading player...
Die Amerikaanse president, Donald Trump, sê hy gee nie om of Iran na die onderhandelingstafel terugkeer nie nadat die naweek se vredesgesprekke in Islamabad, Pakistan, 'n dooiepunt bereik het. Iran se minister van Buitelandse Sake, Abbas Araghchi, sê hulle het byna 'n ooreenkoms bereik, maar is met maksimalisme en verskuiwende doelpale begroet. Trump het op die militêre basis Andrews naby Washington opnuut beweer dat Iran se militêre vermoëns verswak is:
13 Apr 9AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

DA skop vas teen nuwe damregulasies

Die DA vra gemeenskappe om die Departement van Water en Sanitasie se damregulasies teen te staan en sê dit bedreig inwoners wat langs damme woon se ekonomiese voortbestaan. Die regulasies stel strenger beheermaatreëls in rondom toegang tot staatsdamme en ander waterwerke. DA-woordvoerder Igor Scheurkogel sê indien die regulasies in werking…
14 Apr 11AM 1 min

John Dobson looi kritici van Stormers-spelers

Rugby: Die Stormers se afrigter, John Dobson, het kritiek op sy spelers as heeltemal ongegrond en neerdrukkend beskryf. Die span is hewig gekritiseer omdat hulle nie die bal wyd beweeg het teen 13 man nie, terwyl losskakel Sacha Feinberg-Mngomezulu ook gestriem is omdat hy nie 'n skepdoelkans benut het voor…
14 Apr 11AM 1 min

LP's bring hulde aan James Uerikua in spesiale sitting

Die parlement het vanmiddag 'n spesiale sitting gehou ter ere van Swapo-parlementslid en voormalige Otjozondjupa-goewerneur James Uerikua. Hy is oor die Paasnaweek in 'n motorongeluk saam met sy 14-jarige seun oorlede. AR-parlementslid Ester Haikola-Sakaria het Uerikua geprys vir sy diep toewyding aan regering.
14 Apr 11AM 1 min

BBP-vleuel vir Psemas-lede bring ongelykheid: IPC

Die gesondheidsministerie se Vision April 2026 is in volle swang. Die BBP-vleuel in Windhoek Sentraal-hospitaal vir Psemas-lede het baie negatiewe reaksie ontlok. Die IPC se skadu-gesondheidminister, Lilani Brinkman, sê dit bring ongelykheid na 'n stelsel waar dit nie moet wees nie. Sy sê dit sal tyd vat om die uiteindelike…
14 Apr 10AM 1 min