Trump beweer Iran wil ooreenkoms bereik

Loading player...
Die Trump-administrasie se blokkade van die Straat van Hormuz het Maandagmiddag begin en oliepryse het kortstondig tot meer as 102 Amerikaanse dollar per vat gestyg. Maandagaand het die prys van Brent ru-olie teruggesak na 99 dollar 11 sent per vat. Amerikaanse president Donald Trump het tydens 'n impromptu pers-sessie by die Withuis beweer dat Iran 'n ooreenkoms wil bereik, en dat olietenkskepe na Amerika op pad is.
13 Apr 11PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Kanadese-tariewe: VSA sê sy irritasies is uitgeskakel

President Donald Trump sê Amerika het “ʼn baie regverdige” handelsooreenkoms met Kanada bereik. Onderhandelaars het gister vergader nadat Trump die instelling van 50-persent-tariewe op ʼn reeks Kanadese produkte voorlopig uitgestel het. Kanada se eerste minister, Mark Carney, sê hulle werk aan ʼn ooreenkoms waar die beste bepalings ingesluit word by…
20 Aug 2AM 1 min

Misa eis wetstoepassing na dodelike klipgooiery op R24

Die Motorbedryf-personeelvereniging doen 'n beroep op dringende optrede om dodelike klipgooiery op motoriste te verhoed. Dit volg na die dood van 'n vrou wat deur 'n groot klip getref is terwyl sy onder 'n brug op die R24 in Bedfordview, Johannesburg, gery het. Phakamile Hlubi-Majola van die vereniging doen 'n…
20 Aug 2AM 1 min

Nanso en Nantu werk nou saam

Die nuut-ondertekende memorandum van verstandhouding tussen die Namibiese Nasionale Studente-organisasie en die Namibiese Nasionale Onderwysersunie, Nantu, is daarop gemik om samewerking op skoolvlak te verdiep. Nanso-president Dorthea Nangolo sê dit verseker dat Nantu-onderwysers studenteleiers oplei en lei, terwyl 'n gesamentlike navorsingseenheid gestig word om te verseker dat alle voorspraak beleidsgedrewe…
20 Aug 1AM 1 min

BKS: 82% van Wes-Kaapse kuddes ingeënt

Die Wes-Kaapse regering sê 82 persent van die provinsie veekudde is teen bek-en-klouseer ingeënt. Byna 480 000 entstofdosisse is aan kommersiële en bestaansveeboere in alle distrikte toegedien. Dit is gedoen om boere, werkgeleenthede, voedselsekerheid en die provinsie se landbou-ekonomie te beskerm. Die LUR vir Landbou, Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme, Ivan…
20 Aug 1AM 1 min