
Wagyu nou deel van Meatco se uitvoere
Loading player...
Meatco het sy eerste verslagting en verwerking van Wagyu-beeste aangekondig. Wagyu-produksie is in die vroeë 2010's in Namibië bekendgestel, en die vleis is van die duurste beesvleisprodukte wêreldwyd. Kosmos 94.1 Nuus het met Meatco se tussentydse uitvoerende hoof Albertus Aochamub gepraat, wat meer het oor die markte wat reeds in Namibiese Wagyu beesvleis belangstel.

