
Meer oor TransNamib se dubbelbrandstof proeflopie
Loading player...
TransNamib het meer oor sy ses maande lange proeflopie van 'n dubbelbrandstoflokomotief, aangedryf deur waterstof en diesel, in vennootskap met CMB.TECH. Die proeflopie sal oor ongeveer 50 retoerritte langs die Walvisbaai na Windhoek-korridor strek. TransNamib-woordvoerder Alina Garises het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê hoewel die maatskappy se vloot tans op diesellokomotiewe loop, dit moontlik kan oorweeg om 'n deel daarvan na dubbelbrandstoftegnologie oor te skakel, afhangende van die uitkoms van die proeflopie.

