
SSC wag vir jou loonopgawes
Loading player...
Die Maatskaplike Voorsorgkommissie doen 'n beroep op alle geregistreerde besighede om hul werknemers se loonopgawes voor die einde van April via hul aanlynportaal in te dien. Die kommissie waarsku dat versuim om te voldoen, kan lei tot boetes, verlies van Goeie Aansien-sertifikate en selfs regstappe. Kosmos 94.1 Nuus het met SMEs Compete-direkteur Danny Meyer gepraat, wat sê dat die nakoming van hierdie riglyn veral belangrik is vir klein besigheidseienaars.

