
Blitsbokke begin van voor af in Hongkong
Loading player...
Die Springbok-sewesspeler, David Brits, sê selfs al het hulle vanjaar se Wêreld-Sewesreeks gewen, begin hulle die naweek in Hongkong van voor af in die eerste van drie Wêreldkampioenskap-toernooie. Die ander twee toernooie vind in Valladolid, Spanje, en Bordeaux, Frankryk, plaas voordat ʼn groot kampioen gekroon word. In Hongkong kom die Blitsbokke in Groep A teen Argentinië, Spanje en Uruguay te staan. Brits sê hulle is reg vir die uitdaging en om nuwe herinneringe te skep:

