
Duitsland staan SA by met billike energie-oorgang
Loading player...
Die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, sê Duitsland het sy steun vir Suid-Afrika binne die raamwerk van die Billike Energie-oorgangsvennootskap versterk. Duitsland het ingestem om Suid-Afrika 'n nuwe konsessie-klimaatlening van 3,8-miljard-rand toe te staan, wat beleggings in die land se kragnetwerk en hernubare energievermoë sal ondersteun. Lamola sê die lening ondersteun die land se voortgesette nastrewing van meer ambisieuse klimaatsteikens:

