
Brown lewer weer skerp kritiek oor groenwaterstof in Sperrgebiet
Loading player...
Die uitvoerende hoof van die Namibiese Kamer van die Omgewing, dr. Chris Brown, waarsku dat groenwaterstof megaprojekte meer skade as goed kan doen en noem hulle "rooiwaterstof". Sy kommentaar kom terwyl spanne van Hyphen tans assesserings in die Tsau //Khaeb Nasionale Park doen om die omgewings- en sosiale risiko's van grootskaalse groenindustrialisering te evalueer. Die bevindinge sal na verwagting teen Mei vrygestel word. Brown het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die gebied is 'n biodiversiteit-oase.

