Pak maar die jassies uit, eerste front is hier

Loading player...
Namibiërs kan solank hulle jassies nader trek soos tekens van winter al ander kom. 'n Koue stelsel maak vandag sy opwagting in die Suide. Windhoek-meteoroloog Albertina Anderson het meer.
14 Apr 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

LP's bring hulde aan James Uerikua in spesiale sitting

Die parlement het vanmiddag 'n spesiale sitting gehou ter ere van Swapo-parlementslid en voormalige Otjozondjupa-goewerneur James Uerikua. Hy is oor die Paasnaweek in 'n motorongeluk saam met sy 14-jarige seun oorlede. AR-parlementslid Ester Haikola-Sakaria het Uerikua geprys vir sy diep toewyding aan regering.
14 Apr 11AM 1 min

BBP-vleuel vir Psemas-lede bring ongelykheid: IPC

Die gesondheidsministerie se Vision April 2026 is in volle swang. Die BBP-vleuel in Windhoek Sentraal-hospitaal vir Psemas-lede het baie negatiewe reaksie ontlok. Die IPC se skadu-gesondheidminister, Lilani Brinkman, sê dit bring ongelykheid na 'n stelsel waar dit nie moet wees nie. Sy sê dit sal tyd vat om die uiteindelike…
14 Apr 10AM 1 min

Oumenspensioen eers verhoog wanneer wet onderteken is

Begunstigdes van die oumenspensioen sal 'n bietjie langer moet wag vir hul 100 Namibiese dollar verhoging om in werking te tree. Die aanpassing, van 1 600-dollar tot 1 700-dollar per maand wat in die 2026/27 nasionale begroting aangekondig is, sal eers geïmplementeer word sodra die Begrotingswet onderteken is. Die wetsontwerp…
14 Apr 10AM 1 min

VSA-Iran onderhandelinge kan dié week hervat

Onderhandelingspanne van Amerika en Iran keer moontlik hierdie week terug na Islamabad in Pakistan om gesprekke oor die beëindiging van die oorlog te hervat. 'n Bron sê 'n voorstel om hul afvaardigings terug te stuur is met Washington en Teheran gedeel. Intussen sê die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, António Guterres,…
14 Apr 10AM 1 min

Aftreespaargeld bereik N$301,7 miljard in Desember '25

Teen die einde van Desember 2025, het 428 426 Namibiërs se aftreespaargeld 301,7 miljard Namibiese dollar beloop, wat die grootste spaarskema in die land verteenwoordig. Dit is volgens Namfisa se verslag vir die vierde kwartaal van 2025. Die reguleerder het onthul dat aftreefondse gestyg het met 4,5 persent kwartaal-tot-kwartaal en…
14 Apr 9AM 1 min