ANC 'probeer skuld van Tshwane-korrupsiekrisis verplaas'

Loading player...
Die Vryheidsfront Plus sê terwyl die Madlanga-kommissie tans getuienis aanhoor oor tendermanipulasie in die Tshwane-metropolisiedepartement, probeer George Matjila van die ANC om die fokus na die vorige administrasie te verskuif. Grandi Theunissen van die VF Plus sê dis ʼn poging om die aandag weg te neem van die ware korrupsiekrisis in die metro. Hy sê in die vorige administrasie is amptenare in die werwingseenheid verwyder omdat hulle nie die regeringsekerheidsklaring kon kry nie:
14 Apr 8AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Ampsklagkomitee dien verklaring in om Ramaphosa se aansoek te keer

Die ampsklagkomitee se voorsitter, Makashule Gana, het gister amptelik ʼn beëdigde verklaring by die Wes-Kaapse Hooggeregshof ingedien om president Cyril Ramaphosa se dringende aansoek om te keer dat die komitee met sy werk voortgaan, teen te staan. Die president soek ʼn interdik hangende die hersiening van die onafhanklike paneel se…
23 Jun 1AM 1 min

VSA hef verbod op Iran se olieverkope vir 60 dae op

Die Amerikaanse Tesourie het die verbod op die verkoop van Iranse olie vir 60 dae opgehef. Dis een van die voorwaardes in die memorandum van verstandhouding tussen Washington en Teheran. Dit gee tot 21 Augustus toestemming vir die vervaardiging, verkope en lewering van Iranse ruolie en petrochemiese produkte. Iranse olie…
23 Jun 1AM 1 min

Skokkende WhatsApp-bewyse ontbloot gesprekke oor kokaïen

Die Madlanga-kommissie het getuienis aangehoor oor 'n beweerde kokaïentransaksie waarby die sakeman Vusimusi "Cat" Matlala en sy medewerker, Medicare24 se uitvoerende hoof Mike van Wyk, betrokke was. Getuienis wat aan die kommissie voorgelê is, het WhatsApp-boodskappe en 'n video ingesluit wat glo wys hoe vermoedelike kokaïen geweeg word, met besprekings…
23 Jun 1AM 1 min

Miljoene in 2025 belê in mens-dier-konflik bekamping

Namibië versterk bewaringspogings in sy noordwestelike, noord-sentrale en noordoostelike streke, met byna 4,5 miljoen Namibiese dollar wat verlede jaar belê is in die vermindering van mens-dier-konflik, die bekamping van wildmisdaad en die verbetering van gemeenskapslewensbestaan. Kosmos 94.1 Nuus het met Bennett Kahuure, die direkteur van parke en wildlewebestuur by die…
23 Jun 1AM 1 min

Ten spyte van alles beskerm Grondwet LGBT-gemeenskap

Reaksie word ontvang oor 'n rits Wes-Afrika-lande wat in die afgelope maande wetgewing daargestel het om selfdegeslagverhoudings te verbied, en wat LGBT-regte verder op die vasteland ondermyn. Van Afrika se 54 lande kriminaliseer slegs ongeveer 20 tans nie selfdegeslagverhoudings nie. Kosmos 94.1 Nuus het met Ethne Mudge, die direkteur van…
23 Jun 1AM 1 min