Olieprys: G'n rede tot paniek, sê kenner

Loading player...
Brent-ruolie verhandel rondom 88 Amerikaanse dollar per vat, aangevuur deur toenemende vyandelikhede tussen die VSA en Iran oor die Straat van Hormuz. Ekonome is verdeeld oor die langtermyn-impak hiervan. Terwyl die onmiddellike ineenstorting van die wapenstilstand 'n swaar risikopremie in energiemarkte ingespuit het, sê Kara van den Heever, 'n beleggingsontleder by Momentum, daar is nog geen rede tot paniek nie. Sy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
19 Jul 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Trump verdedig sy opheffing van Rusland-sanksies

President Donald Trump van Amerika verdedig die vrylating van die Amerikaanse burger, Stephen Hubbard, uit Russiese aanhouding en ontken dat enige toegewings aan president Vladimir Putin gemaak is. Die 74-jarige oud-onderwyser is daarvan beskuldig dat hy vir Oekraïne geveg het toe hy in 2022 aangekeer is. Hy is sewe-jaar tronkstraf…
22 Oct 9AM 1 min

MK is geleer om teen apartheid te veg, nie witmense: Kasrils

’n Stigterslid van Umkhonto we Sizwe en oudminister van Intelligensie, Ronnie Kasrils, het aan die Khampepe-kommissie gesê jong rekrute wat in die 1970’s en '80’s by opleidingskampe aangekom het, wou wit Suid-Afrikaners doodmaak – aangevuur deur woede oor apartheid. Hy sê rekrute is geleer dat die stryd teen die apartheidstelsel…
22 Oct 9AM 1 min

SA inflasie styg na 4,5% in September

Statistiek Suid-Afrika sê die jaarlikse verbruikersinflasie het die tweede agtereenvolgende maand gestyg en in September 4,5-persent bereik, teenoor 4,4-persent in Augustus. Hoër brandstofpryse was 'n groot dryfveer, met vervoerkoste wat verantwoordelik is vir 'n derde van die algehele inflasiekoers. Brandstofpryse het die afgelope jaar met 27,9-persent gestyg, terwyl voedselinflasie ook…
22 Oct 8AM 1 min

Finansiële beroepsmense 'moet ekonomie aanhelp'

Die land se finansiële beroepsmense word uitgedaag om hul invloed in meetbare ekonomiese resultate te omskep. Tom Alweendo, stigter van Alvenco Energy, het die hoofrede gelewer tydens die Instituut van Geoktrooieerde Rekenmeesters se 2026 Nasionale Rekeningkundige Beraad. Hy vra vir sterker instellings en beter bestuur van hulpbronne en energie, namate…
22 Oct 8AM 1 min

DA kan grootste party in Gauteng word, sê politieke wetenskaplike

Suid-Afrika se plaaslike regeringsverkiesings vind op 4 November plaas, en politieke partye verskerp hul veldtogte. Kosmos 94.1 Nuus het met professor André Duvenhage, ’n politieke wetenskaplike aan die Noordwes-Universiteit op Potchefstroom, gepraat. Hy sê die DA kan moontlik die grootste party in Gauteng word, maar dit kan belangrike politieke gevolge…
22 Oct 7AM 1 min