President Donald Trump van Amerika verdedig die vrylating van die Amerikaanse burger, Stephen Hubbard, uit Russiese aanhouding en ontken dat enige toegewings aan president Vladimir Putin gemaak is. Die 74-jarige oud-onderwyser is daarvan beskuldig dat hy vir Oekraïne geveg het toe hy in 2022 aangekeer is. Hy is sewe-jaar tronkstraf…
’n Stigterslid van Umkhonto we Sizwe en oudminister van Intelligensie, Ronnie Kasrils, het aan die Khampepe-kommissie gesê jong rekrute wat in die 1970’s en '80’s by opleidingskampe aangekom het, wou wit Suid-Afrikaners doodmaak – aangevuur deur woede oor apartheid. Hy sê rekrute is geleer dat die stryd teen die apartheidstelsel…
Statistiek Suid-Afrika sê die jaarlikse verbruikersinflasie het die tweede agtereenvolgende maand gestyg en in September 4,5-persent bereik, teenoor 4,4-persent in Augustus. Hoër brandstofpryse was 'n groot dryfveer, met vervoerkoste wat verantwoordelik is vir 'n derde van die algehele inflasiekoers. Brandstofpryse het die afgelope jaar met 27,9-persent gestyg, terwyl voedselinflasie ook…
Die land se finansiële beroepsmense word uitgedaag om hul invloed in meetbare ekonomiese resultate te omskep. Tom Alweendo, stigter van Alvenco Energy, het die hoofrede gelewer tydens die Instituut van Geoktrooieerde Rekenmeesters se 2026 Nasionale Rekeningkundige Beraad. Hy vra vir sterker instellings en beter bestuur van hulpbronne en energie, namate…
Suid-Afrika se plaaslike regeringsverkiesings vind op 4 November plaas, en politieke partye verskerp hul veldtogte. Kosmos 94.1 Nuus het met professor André Duvenhage, ’n politieke wetenskaplike aan die Noordwes-Universiteit op Potchefstroom, gepraat. Hy sê die DA kan moontlik die grootste party in Gauteng word, maar dit kan belangrike politieke gevolge…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.