Ondersteun ons boogskutters se gala-dinee

Loading player...
Namibië se boogskutters mik na die kontinentale verhoog, maar hulle het die publiek se steun nodig om daar uit te kom. Africa Genesis Archery Namibia samel fondse in nadat hulle 'n uitnodiging ontvang het om aan die Africa Genesis Archery Federation se Afrika-toernooi in Botswana deel te neem, wat van 12 tot 16 Augustus plaasvind. As deel van die fondsinsamelingspoging bied die organisasie komende Saterdag 'n gala-dinee in Windhoek aan. Kosmos 94.1 Nuus het met die klub se vise-president, Nomin Lucas gesels:
22 Jul 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

DA kan grootste party in Gauteng word, sê politieke wetenskaplike

Suid-Afrika se plaaslike regeringsverkiesings vind op 4 November plaas, en politieke partye verskerp hul veldtogte. Kosmos 94.1 Nuus het met professor André Duvenhage, ’n politieke wetenskaplike aan die Noordwes-Universiteit op Potchefstroom, gepraat. Hy sê die DA kan moontlik die grootste party in Gauteng word, maar dit kan belangrike politieke gevolge…
22 Oct 7AM 1 min

45 leerders kry Duitse loopbaanwenke by slypskool by Von Bachdam

Sowat 45 leerders van Windhoek, Swakopmund, Tsumeb en Otjiwarongo het onlangs ’n eendag-slypskool by die Von Bachdam bygewoon. Die slypskool het gefokus op hoe Duitse taalvaardighede loopbaangeleenthede in Namibië en Duitsland kan skep. Gundula Perry, woordvoerder van die Duitse ambassade in Namibië, sê die geleentheid is deur die Duitse ambassade,…
22 Oct 7AM 1 min

Sonskerm, water en hoede reg – die naweek gaan die hitte kook!

As jy planne vir die naweek het, pak maar jou sonskerm, genoeg water en die grootste hoed wat jy kan kry! Weerkenners waarsku dat bloedige warm toestande die komende paar dae regoor die land sal voortduur. Onafhanklike meteoroloog Vilho Ndeunyema verduidelik:
22 Oct 6AM 1 min

NamRA bied volle kwytskelding van belastingrente en boetes

NamRA doen ’n beroep op belastingbetalers wat nie aan hul belastingverpligtinge voldoen nie om voordeel te trek uit die voortgesette belasting-amnestieprogram voordat dit op 31 Oktober 2026 sluit. NamRA se sentrale streekbestuurder vir registrasie en belastingbetalerdienste, Aune Shikongo, sê die program bied volle kwytskelding van rente en boetes op uitstaande…
22 Oct 6AM 1 min