Onsekere tye, rentekoers demp vraag na eiendom in SA

Loading player...
ʼn Senior FNB-ekonoom, Siphamandla Mkhwanazi, sê hoër leningkoste, swakker verbruikersvertroue en traer ekonomiese toestande beïnvloed die vraag na behuising en sal na verwagting die res van die jaar mark-aktiwiteit kniehalter. Die FNB-huisprysindeks het in Junie verder verlangsaam. Die jaarlikse groei in huispryse het van 5,7-persent in Mei tot 5,2-persent gedaal. Mkhwanazi sê die behuisingsmark trek voordeel uit ʼn gebrek aan voorraad wat bydra om pryse te beskerm:
28 Jul 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Japan se MMX-sending mik op monsters van Marsmaan

Nuwe inligting het na vore gekom oor Japan se MMX-ruimtesending, wat op pad is om stofmonsters van een van Mars se twee mane te versamel. Professor Pieter Meintjies, 'n astrofisikus aan die Universiteit van die Vrystaat in Bloemfontein, verduidelik die jongste ontwikkelings tydens 'n gesprek met Kosmos 94.1 Nuus.
22 Oct 12AM 1 min

Hittegolf sal Namibiese binneland oor naweek tref

Die Namibiese Weerdiens waarsku dat hittegolf-toestande na verwagting tot oor die komende naweek sal voortduur, met temperature wat in sommige gebiede reeds tussen 36 en 42 grade Celsius bereik het. Albertina Anderson sê die weer-modelle dui daarop dat die hitte verder sal toeneem namate die naweek nader kom. Die publiek…
22 Oct 12AM 1 min

Jauch: Entrepreneurskap alleen sal nie werkloosheid oplos nie

Arbeidskenner Herbert Jauch sê die werkloosheidskrisis kan nie opgelos word deur van gegradueerdes te verwag om werkskeppers te word nie. Hy voer aan dat die oplossing lê in die transformasie van ’n ekonomie wat nie daarin slaag om genoeg werkgeleenthede met ordentlike vergoeding te skep nie. Sy opmerkings volg ná…
22 Oct 12AM 1 min

Zaamwani oorweeg bykomende voertuigontsmettingsfasiliteite

Landbouminister Inge Zaamwani sê ministeriebeamptes sal veesiektebeheerposte inspekteer om die behoefte aan bykomende voertuigontsmettingsfasiliteite te bepaal te midde van die bek-en-klouseer-uitbreking. Sy het dié onderneming in die Nasionale Vergadering gegee nadat Affirmative Repositioning-LP Fredrick Shitana kommer uitgespreek het dat voertuie deur kontrolepunte kan beweeg sonder om ontsmet te word. Die…
22 Oct 12AM 1 min

06:00 Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
22 Oct 12AM 4 min